|
20 Suzanne
Votes for Suzanne are now closed
Wat is jou kosfilosofie of watter rol speel kos in jou lewe? Ek glo dat ek deur my liefde vir kos ‘n invloed gehad het hoe my kinders vandag na kos kyk . Kosmaak moet ten eerste geniet word en voor jy weet is dit jou passie,wat lei tot ‘n “liefdesverhouding” wat soveel bevrediging gee.
Noem 5 bestanddele waarsonder jy nooit sal klaarkom nie. Tamaties Olyfolie Brood in enige vorm Kaas Goeie konfyt-tuisgemaak(by kaas,saam met vleis of brood of laataand as heerlike vertrooster
Wat is jou gunstelingkombuistoestel en watter een is ‘n wit olifant? My twintig jaar oue voedselverwerker bly die beste belegging in my kombuis. My sapuitdrukker onthou ek elke jaar van na die sitrusseisoen-verseker ‘n wit olifant
Watter Suid-Afrikaanse kospersoonlikheid of sjef bewonder jy die meeste en hoekom? Ina Paarman. Sy is ‘n plat op die aarde mens wat ‘n praktiese aanslag het,wie se boeke regtig die moeite werd is om te koop en wat altyd met goeie nuwe idée na vore kom omdat sy wyd reis en haarself op hoogte hou van die nuutste ontwikkelinge.
Watter dis of bestanddeel sal jy nog graag wil proe, maar is ‘n bietjie skrikkerig? Die verskillende Oosterse groentes wat beskikbaar is en waarvan ek regtig baie min van weet
Hoekom wil jy op televisie kosmaak? Ek dink dit is ‘n fantastiese geleentheid om ‘n passie te deel op ‘n visiele vlak
 |