SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Miniatuur suurlemoenmousse en pondkoek-gateau

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Miniatuur suurlemoenmousse en pondkoek-gateau
Miniatuur suurlemoenmousse en pondkoek-gateau Miniatuur suurlemoenmousse en pondkoek-gateau Miniatuur suurlemoenmousse en pondkoek-gateau

Hierdie resep is vir ons voorberei deur die studente van die ICA. Dit is gekompliseerd, so, as jy dit wil maak, kyk
na die video. Anders, los die sjokoladetraliewerk en die versuikerde suurlemoenskil en versier sommer met gerasperde suurlemoenskil.

Pondkoek
300 g bruismeel                             
300 g botter, gesout
300 g strooisuiker
5 eiers
Suurlemoenmousse
8 g gelatien                   
250 ml room
3 eiers
2 eiergele
100 g strooisuiker
½ k suurloensap
gerasperde skil van 2 suurlemoene
Samevoeging
witsjokoladetraliewerk (opsioneel)
versuikerde suurlemoenskil (opsioneel)

Pondkoek: Voer agt x 7 cm ronde pannetjies uit met bakpapier en bespuit met kleefwerende sproei. Sif bruismeel en plaas eenkant. Verroom botter en suiker tot lig. Voeg eiers een vir een by, klits goed na elke byvoeging. Vou meel versigtig in. Skep pannetjies halfvol en bak ± 30 minute by 160°C tot gaar. Laat bietjie afkoel en keer uit op afkoelrak. 
Mousse: Los die gelatien op in ½k koue water. Klits room tot sagte punte vorm en plaas in yskas. Meng eiers, eiergele, strooisuiker, suurlemoensap en -skil. Plaas oor warm waterbad en klits tot mengsel begin verdik. Verwyder van hitte en klits mengsel tot koud. Voeg die gelatien in ‘n dun straaltjie by terwyl aanhoudend geklits word. Plaas mengsel oor yswaterbad en verkoel tot mengsel begin stol. (Roer gereeld gedurende die verkoelingsproses om te verseker die mengsel stol nie teen die kante nie.) Vou room in.
Samevoeging:
Plaas ‘n harde plastiekkraag aan die binnekant van agt x 7 cm ronde vormpies. Sny koek in twee lae (±1.5 cm elk). Plaas een koeklaag in elke vormpie. Spuit/smeer ‘n 1.5 cm suurlemoenmouse laag bo-op. Herhaal met 2de koeklaag en mousse laag. Plaas in yskas tot gestol. Ontvorm en versier met witsjokoladetraliewerk en versuikerde suurlemoenskil.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development