|
Keto Klapper Sjokolade
Bestanddele: 3k onversoete klapper ¼ k Erythritol ½ eetl vanilla geursel 1k klapperroom ¼ k klapperolie Sjokolade: 140g 85-90% donker sjokolade 42g klapperbotter
Metode: Room die klapperbotter, die dag van te vore. Rooster die klapper in die oond vir 5 – 6 minute. Laat dit daarna afkoel. Meng die geroosterde klapper, erythritol, vanilla, klapperroom en klapperolie. Plaas die mengsel vir ‘n paar minute in die yskas, as jy vind dat dit te taai is. Vorm die stafies met jou hande en pak dit in ‘n pan, uitgevoer met waspapier. Plaas dit in die yskas vir 30 minute tot ‘n uur. Smelt die donker sjokolade en klapperbotter in ‘n dubbelkoker. Meng goed, draai die hitte af en laat afkoel. Gebruik ‘n sosatiestokkie om die klapperstafies in die sjokolade-mengsel te doop tot dit heeltemal bedek is. Plaas dit in ‘n pan, uitgevoer met waspapier. Versier dit deur die oorblywende sjokolade bo-op die eindproduk te drup of patroontjies te maak. Plaas dit weereens in die yskas vir 30 – 60 minute. Berg die orige ook in die yskas. Dit smelt in kamertemperatuur. |