SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Potbrood

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Potbrood
Potbrood Potbrood Potbrood

Potbrood


Bestanddele:


Brood vir No. 12 plat pot
1kg Meel (ons gebruik koekmeel maar het al met broodmeel ook gebak)
1 pakkie kits gis
3 teelepels sout
2 teelepels suiker
80 gram botter 
0.6 liter louwarm water


Metode:


Gooi meel, gis, sout, suiker en botter in knie skottel en meng goed. Die botter moet ingevryf word in die meel. As die botter te koud is rasper dit sodat ingevryf kan word. Voeg die water by en knie deeglik vir so 7 minute. Sodra die deeg goed geknie is en nie meer vasklou aan die hande nie, maak 'n bal van die deeg. Haal dit uit die skottel en strooi droë meel onder in die skottel. Plaas die deeg terug en strooi nog meel bo-oor die deeg. Sit dit in 'n swartsak en plaas in 'n warm plek om te rys vir so 45 minute na 'n uur toe. Maak 'n vuur op die plek waar die brood gebak gaan word. Sommer net so op die grond of die braai is reg. Smeer die pot met olie of vet sodat die brood nie vasbrand nie. As die brood klaar gerys het knie dit af, maak 'n mooi ronde bal en plaas in die pot. Druk dit mooi plat sodat dit eweredig in pot is. Plaas dit weer in 'n warm plek om te rys. Hou die deeg dop as dit so 30mm van bo af is, is dit reg om gebak te word. Vat die vuur weg en plaas die pot waar die vuur was. Plaas so vyf kole op die rand van die deksel en een in die middel. Brikette werk nogal goed vir dit. Gewone hout kole sal vervang moet word voor die brood gaar is. Plaas 'n paar kole om die pot, so 50mm van die pot af. Bak die brood  vir 1 uur. As dit gaar is gooi uit op n brood bord. Wag ongeveer 10 minute voor dit gesny word.


 


 


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development