SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Romerige pampoensop

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Romerige pampoensop
Romerige pampoensop Romerige pampoensop Romerige pampoensop

Hierdie was die sop vir Pasella se sprokiespartytjie om Aspoestertjie se pampoenkoets voor te stel. Carol Weideman, sjef van die Institute of Culinary Arts, het die sop in ʼn klein uitgeholde pampoentjie bedien.

(Bedien 2-4)

300 g pampoen, in blokkies gesny
1-2 e botter
1-2 e olyfolie
paar knoffelhuisies
½ ui, gekap
1 selderystokkie, gekap
½ prei, gekap
1 koppie groente-aftreksel
1 lourierblaar
80 ml room*
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond by 180˚C. Plaas pampoen op ʼn oondpan. Druk die knoffel tussen-in. Besprinkel met olie en sit klein blokkies botter bo-op. Rooster tot sag maar nie bruin nie.


Verhit bietjie olyfolie in ʼn pot en braai die ui, seldery en prei tot sag. Gooi die lourierblaar halfpad by vir geur. Voeg die geroosterde pampoen by en ook die groenteaftreksel. Laat die mengsel 10 minute prut. Maak ʼn puree daarvan en voeg die room by. Voeg sout en peper by.

*Jy kan die room vervang met ongegeurde jogurt. Oppas net dat dit nie te suur proe nie.

**Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development