SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Aartappel Suurdeeg Brood

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Aartappel Suurdeeg Brood
Aartappel Suurdeeg Brood Aartappel Suurdeeg Brood Aartappel Suurdeeg Brood

Hierdie broodjies is deur Carol gebak tydens ons Julie Tuin tot Tafel kuier. Dit is deel van haar ONTSPANdis, want sy het aartappelsop in die broodjies bedien. Maar jy kan natuurlik enige sop van jou keuse so bedien, of die broodjies net so geniet.

1 k aartappelgis*
375g witbroodmeel
1½ t sout

Giet die aartappelgis deur 'n sif in 'n mengbak en los die sout daarin op. Voeg die meel geleidelik by, tot 'n kniebare deeg gevorm is. Knie die deeg vir ongeveer 10 minute tot glad en elasties. Plaas in 'n lig geoliede bak, bedek met kleefplastiek en laat toe om te rys tot dubbel in grootte, ongeveer 3 ure.
Knie die deeg af en laat vir 3 minute rus. Vorm die broodjies deur dit in 4 gelyke hoeveelhede te sny, en vorm 4 ronde broodjies. Met 'n skerp mes maak ringvormige insnysels om later 'n “deksel” te vorm en laat dit om te reis tot dubbel in grootte. Bak vir ongeveer 45-60 minute by 180C tot goudbruin. Laat afkoel.
Sny die boonste gedeeltes van die broodjies af om die deksel te vorm. Hol die brood versigtig uit. Smeer met 'n bietjie olyfolie en bak teen 180C vir 20-30 minute tot bros. Skep warm sop in elke bakkie en plaas die deksel bo-op. Bedien dadelik.

Aartappelgisplantjie
1 fles, waarin die aartappelgisplantjie gaan woon
1 medium grootte aartappel, grof gerasper
2 e suiker
1 e sout
25g saamgeperste gis (vars gis)
2 k louwarm water

Meng al die bestanddele in die fles waarin die plantjie gaan woon. Laat staan in 'n warm plek in die kombuis waar dit nie meer as 28C nie, en ook nie minder as 160C nie. Die plantjie behoort binne 2 tot 6 ure voldoende gis te produseer om 'n brood mee te kan bak. Die aartappelgis is gereed wanneer dit sowat 3cm skuim bo-op die mengsel gevorm het.
Nadat jy dit gebruik het moet jy jou plantjie ‘voer’*, op hierdie manier hou jy hom aan die lewe sodat jy weer en weer met hom kan bak.

*Voer van die aartappelgisplantjie: Meng 1 medium grootte gerasperde aartappel, 1 e sout, 2 e suiker, 2 e witbroodmeel en 1 koppie louwarm water in by die oorblywende plantjie. (Voer die plantjie elke af en toe net 1 medium grootte aartappel, grof gerasper.)


Kommentaar / vrae:

 Ek is van die Somerset Wes area.Wil net graag hoor waar mens van die
saamgeperste gis (vars gis) kan kry?Al wat ek by die winkels kry is die kitsgis.
deur Reinhardt van der Berg
12 July 2012 19:43:06




 Kannie wag om die brood te probeer nie!
deur Desiree Hill
12 July 2012 15:56:32




 Bere ek die plantjie in die yskas as ek hom klaar gevoer het, en wat doen ek as ek weer wil knie?
deur Ralie Vos
12 July 2012 12:18:19






Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development