SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Fudge
Fudge »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Kondensmelkfudge in die mikrogolf

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Kondensmelkfudge in die mikrogolf
Kondensmelkfudge in die mikrogolf Kondensmelkfudge in die mikrogolf Kondensmelkfudge in die mikrogolf

Amor Engelbrecht is nie net die vervaardiger nie, maar ook Pasella se onthaal-ghoeroe en sy deel graag haar passie vir kosmaak en onthaal met Pasella kykers. So, probeer gerus hierdie smullekker resep van haar.
 
As jy graag wil fudge maak sonder al die tierlantyntjies van temperatuur toets en ingewikkelde tegnieke, is dié een vir jou.
 
(maak sowat 36 lippe-aflek-stukkies)
 
125 g botter, gesmelt
2 k strooisuiker
1 blik kondensmelk (397g)
1t vanielje-ekstrak
 
Meng botter en strooisuiker in ʼn mikrogolfbak. Voeg kondensmelk by sonder om te roer. Mikrogolf 10 minute op hoog (stop elke een minuut om te roer – jy begin dus eers na een minuut se mikrogolfhitte roer en herhaal die proses 10 keer of totdat dit goudbruin is. Laat effens afkoel en klop met ʼn houtlepel totdat die fudge begin ferm word. Gooi in ʼn vierkantige bak wat met waspapier uitgevoer is en laat stol voordat jy dit in happies sny.

Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development