SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Basiese rolkoek

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Basiese rolkoek
Basiese rolkoek Basiese rolkoek Basiese rolkoek

Hierdie resep is gemaak tydens ons besoek aan “The Institute of Culinary Arts” naby Stellenbosch waar ons allerhande rolkoekresepte ondersoek het. Hierdie basiese rolkoekresep kan gevul word met konfyt, vrugte en room of selfs ‘n romerige botterversiersel.


75g koekmeel


15g mielieblom


Knippie sout


6 eiergele


75g strooisuiker


3 eierwitte


2.5ml vanielje-ekstrak




Voer ‘n 36x25cm bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende sproei. Sif koekmeel, mielieblom en sout saam. Klits eiergele met 25g van die strooisuiker tot liggeel en skuimerig. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg oorblywende suiker geleidelik by. Klits tot ‘n stabiele meringue. 


Roer een derde van die meringue in by die eiergeelmengsel en vou dan die oorblywende meringue versigtig in. Sif een derde van die meelmengsel bo-op die eiermengsel en vou versigtig deur. Herhaal met die oorblywende meelmengsel. Vou vanielje-ekstrak na laaste meeltoevoeging deur. Skep dadelik op voorbereide bakplaat en versprei versigtig met paletmes tot verlangde dikte. Bak vir 8-10 minute by 200°C tot gaar. Laat effens afkoel. Keer onderstebo op ‘n klam vadoek uit, sny kante af, vul en rol op (klam vadoek voorkom dat die rolkoek uitdroog en dus makliker rol, sonder om te kraak).


WENK


Jy kan ook ‘n dunner rolkoek maak, maar bak dan vir slegs 5 minute.


 


Basic Swiss Roll recipe


 


The traditional South African filling is apricot jam, but you can play around with other jam flavours. Or go to town and fill it with a creamy chocolate fondant or icing. Fresh seasonal fruits mixed with whipped cream will not only look beautiful, but also give a fresh taste to this classic cake.


75g cake flour


15g corn flour (Maizena)


pinch salt


6 egg yolks


75g caster sugar


3 egg whites


½t vanilla extract


Prepare a 36x25cm baking sheet with baking paper and non-stick spray. Sieve flours and salt together. Whip yolks with 25g of the sugar till foamy and light yellow. Whip the whites, adding the remaining sugar gradually, to form a stable meringue. Mix one third of the meringue into the egg yolk mix and fold the rest in carefully. Sieve one third of the flour mix on top of the egg mix and fold in. 


Repeat with the remaining flour mixture. Fold the vanilla in last. Pour the mixture immediately on the prepared baking sheet and flatten carefully with a palette knife. Bake for 8-10 minutes at 200°C. Allow to cool slightly. Invert on a damp kitchen towel, cut the sides to neaten, fill and roll up. (The damp cloth prevents the cake from drying out and therefore breaking during the rolling).


TIP: You can also make a thinner cake, but then only bake it for 5 minutes. 


 


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development