SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Souskluitjies

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Souskluitjies
Souskluitjies Souskluitjies Souskluitjies

Pasella kuier by die Van der Walt-gesin in Centurion vir lekker boerekos en hul maak souskluitjies vir nagereg. Souskluitjies het hul oorsprong in Persië en het gou na Europa versprei. Toe Jan van Riebeeck in die Kaap aangeland het, het die Hollanders die resep goed geken, en die res is geskiedenis!(Bedien 4-6)


2 e botter
2 1/2 e suiker
2 eiers
knippie sout
8 e meel
2 t bakpoeier
5 k water (wat net begin kook)


Sous
1 e vlapoeier
2 e suiker
1 k kookwater
2 e botter

Kaneelsuiker
- meng suiker en fyn kaneel na smaak


Room botter en suiker. Voeg eiers by. Roer sout, meel en bakpoeier by. Skep lepelsvol in kookwater. Kook 15 minute met deksel op (moenie loer nie!). Vir die sous, meng die bestanddele saam en kook oor lae hitte tot dik. Bedek die kluitjies met die sous (jy kan die kluitjies met 'n gaatjieslepel in 'n opdienbak uitskep as jy dit minder waterig verkies). Strooi met kaneelsuiker voor bediening.
 
WENK:
Vir ʼn ligter kluitjie, skei die eiers en voeg slegs die eiergeel by die bottermengsel. Klits dan die eierwit tot styf en vou in by die kluitjiemengsel net voor dit in die kookwater geskep word.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development