SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Tamatiebredie

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Tamatiebredie
Tamatiebredie Tamatiebredie Tamatiebredie

Hierdie bredie van die Albertinia Hotel is die rede hoekom mense van oraloor reis om te kom proe. Pasella het hulle oorreed om hulle geheime resep met ons kykers te deel.

(Bedien 4 – 6)

1 kg Karoo skaapskenkel
olyfolie
2 middelslag uie, in ringe gesny
1 selderystingel, gekap
2-3 huisies knoffel (afhangende van smaak en voorkeur)
2 lourierblare
4 kardemomsade
2 t worcestersous
200ml bees of groente-ekstrak
1/2k witwyn
750 g ryp tamaties, geskil en gekap
3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
3 groot wortels, geskil en in ringe gesny
gekapte pietersielie, na smaak
sout, gemaalde swartpeper en suiker, na smaak

Gebruik 'n swartboompot en braai die vleis in olyfolie tot geseël en bruin. Skep uit. Braai nou die uie tot glasig waarna die seldery en knoffel bykom. Braai 2 minute en sit die vleis terug in die pot saam met die kruie, worcestersous, ekstrak en witwyn. Prut sowat een uur.

Voeg die tamaties en die groente by en geur met sout en peper, prut dan verder tot die vleis en groente sag is. Die bredie behoort natuurlik te verdik (as jy voel jy wil die sous meer verdik meng ‘n bietjie koekmeel met ‘n bietjie water en blatjang en voeg dit by). Proe – as die tamaties baie suur is – voeg ʼn bietjie suiker na smaak by en roer die pietersielie deur net voor opdiening. Bedien op stampmielies of stampkoring.

*Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development