SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Eva se kombersie (appeltert)

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Eva se kombersie (appeltert)
Eva se kombersie (appeltert) Eva se kombersie (appeltert) Eva se kombersie (appeltert)

Geleerdes en leke stry nou al eeue lank oor Eva en daai appel. En niemand is juis veel nader aan die antwoord nie. Maar wat maak dit nou eintlik saak, want op die ou einde gaan die storie tog oor die sondeval. Karen Hart, kosredakteur van die Kuier-tydskrif, het hierdie appellekkerte vir Pasella  gemaak. Sy reken dat jy hiermee die hardste hart laat vermurwe en met die beste voornemens en beginsels klaarspeel. En met dié appeltert begin die storie van Eva en haar appel al hoe meer sin maak.

(Bedien 6)

6 middelslag appels - geskil, gestronk en in dun skyfies gesny
2 t vars suurlemoensap
1¼ k suiker
½ t fyn kaneel
2 eiers
2 e gesmelte, ongesoute botter
1 k meelblom, gesif
½ t sout
1 t vanielje-ekstrak
geklitste room vir bediening

Voorverhit die oond tot 180˚C. Plaas die appelskyfies in ‘n glasbak en sprinkel die suurlemoensap bo-oor. Skud goed om te bedek. Meng ¼ koppie van die suiker en die kaneel met ‘n vurk en sprinkel oor die appelskyfies. Skud om goed te meng. Gooi die appelmengsel in ‘n dieperige tertbak. Klits die res van die suiker (1 koppie) en die eiers saam in jou elektriese menger totdat dit dikkerig en liggeel is (ongeveer 3 minute lank). Klits die gesmelte botter by. Sif die meelblom en die sout saam en voeg ‘n derde op ‘n slag by die eiermengsel. Meng elke keer goed en skraap die meel van die kante van die bak af. Voeg die vanielje-ekstrak by en klits totdat dit alles goed gemeng is. Skep hierdie mengsel bo-oor die appelskyfies totdat alles bedek is. Bak vir ongeveer 45 minute en bedien warm met geklitste room.

*Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development