SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Gebakte parmesaan-en-anjovisvla met olywe

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Gebakte parmesaan-en-anjovisvla met olywe
Gebakte parmesaan-en-anjovisvla met olywe Gebakte parmesaan-en-anjovisvla met olywe Gebakte parmesaan-en-anjovisvla met olywe

Reuben Riffel, Pasella se sjefghoeroe, het onlangs sy vlerke wyer gesprei en ʼn 2de restaurant in Robertson oopgemaak. Pasella het hierdie sjarmante dorpie besoek en van sy plaaslike vars produkte opgelaai vir die kooksessie. Volgens Reuben is olywe min die hoofbestanddeel van ʼn dis omdat dit so ʼn sterk geur het. Hy doen dit wel, maar balanseer die smaak met die parmesaan en romerige tekstuur van die vla.

(Bedien 6)

2 eiers
1 eiergeel
150 g parmesaan, gerasper
180 ml room
150 ml melk
2 ansjovisfilette, gekap
2 velle filo, in 24 6cm x 6cm blokkies gesny
1 k klein tamaties
3 e gekoopte gemarineerde olywe, gekap
3 e gekoopte knoffel in olyfolie, gekap
6 e gekoopte olyfblatjang
6 e gekoopte olyfpatee
ʼn hand vol roketblare
geelrissiesous, gekapte pietersielie en gekoopte balsamiekreduksie*, vir garnering

Voorverhit oond by 180˚C. Meng die eiers, eiergeel, room, melk en ansjovisfilette in ʼn voedselverwerker en druk deur 'n sif. Giet in gebotterde bakkies, plaas in ʼn warm waterbad en bak 20 – 25 minute of tot die vla gestol het.

Plaas die filoblokkies op 'n gesmeerde bakplaat en bak 5 minute of tot bros en bruin. Rooster die tamaties tot sag in ʼn bietjie olyfolie en kombineer met die olywe en knoffel. Plaas een blokkie filo op elke bord en ʼn paar roketblare bo-op. Smeer met olyfblatjang een plaas dan nog ʼn blokkie filo bo-op, gevolg met die olyf- en knoffelmengsel. Sit ʼn tweede laag filo, olyfpatee en die laaste blokkie filo op. Maak vla los met ʼn klein mes en ontvorm op bord. Garneer die bord met geelrissiesous, gekapte pietersielie en balsamiekreduksie.

*maak jou eie balsamiekreduksie deur balsamiekasyn in ʼn pan te giet en te laat prut tot stroperig en dik.

**Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development