SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Potbrood
Potbrood »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Lemoen Pannekoek-koek

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Lemoen Pannekoek-koek
Lemoen Pannekoek-koek Lemoen Pannekoek-koek Lemoen Pannekoek-koek

Lemoen-Pannekoek-Koek


Resep deur: Caro Alberts



Bestanddele:


20 pannekoeke
3 eiers
1 koppie olie
3 koppies meel
3-4 koppies water 
Sap van 'n suurlemoen
3 eetlepels suiker
1 teelepel salt 


Metode: 


Meng al die bestanddele saam tot jy n gladde, dun beslag het. Laat dit so 30 minute staan en bak dan pannekoeke. Laat hulle afkoel voor jy die koek begin bou .


Vulsel:
2 x Clover klaar geklopte room
Skil van 2 lemoene gerasper
3/4 (180ml) koppie lemoensap
1/2 koppie suiker 
1 eetlepel (of een 10g pakkie) gelatien


Metode: 


Neem 1/5de (so 40ml) van die lemoensap en gooi dit oor die gelatine sodat dit kan spons. Verhit die res van die lemoensap en suiker saam, haal dit van die hitte af en gooi die gelatien by laat dit kan smelt. Laat dit afkoel tot kamertemperatuur. Spuit room in groot mengbak uit. Meng versigtig die sap en lemoenskil deur. Laat die mengsel bietjie staan en verdik. Bou die koek deur te begin met 'n pannekoek en dan dit te bedek met mousse. Hou so aan tot al die pannekoeke en mousse op is en gooi dan die lemoen-wrongel (curd) oor. Versier met gekarameliseerde lemoene en vars blomme.


Lemoen-wrongel (curd)
6 eiergele
3/4 koppie suiker
skil van een lemoen
1/4 koppie lemoensap
2 eetlepels suurlemoensap
knypie sout
1/2 koppie koue botter in blokkies


Metode:


Meng die eiergele, suiker, skil, lemoensap en suurlemoensap saam in n klein kastrolletjie en kook vir 8 to 10 minute. Laat dit dan vir 2 minute prut. Haal dit van die hitte af en roer die sout en die botter, blokkie vir blokkie by.


Gekaramaliseerde lemoene
2 lemoene in skyfies
1/2 koppie suiker 


Metode:


Kook saam tot taai (dit neem so 15 minute). Sit dit op n draadrakkie om af te koel. Gebruik dit om die koek mee te versier.


 


 


 


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development