Brokkoli en quinoa slaai
500g Brokkoli, gestoom 2k gekookte quinoa, met pietersielie en spriet uie 6 handvol baba spinasie of roket 6 hardgekookte eiers 1k klein tamaties met olyfolie en balsamiese asyn reduksie 12 snye parma ham
Suurelemoen slaaisous: Meng 90ml olyfolie, 30ml suurlemoensap, ‘n teelepel gerookte paprika, sout en peper bymekaar.
Plaas die roket en spinasie blare in 'n bak en rangskik die brokkoli bo-op. Skep lepels vol quinoe op en stapel dan jou eiers, parma ham en kersietamaties op die bord slaai. Gooi jou slaaisous oor en 'n handjievol pampoensade. |