SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Appeltert met karamelstroop en geroosterde amandels

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Appeltert met karamelstroop en geroosterde amandels
Appeltert met karamelstroop en geroosterde amandels Appeltert met karamelstroop en geroosterde amandels Appeltert met karamelstroop en geroosterde amandels

Appeltert met karamelstroop en geroosterde amandels


Bestanddele:


4 appels, geskil en ontkern
45ml sagte botter
250ml suiker
2 eiers
60ml melk
310ml koekmeel
7ml bakpoeier
knippie sout


Vir die karamelstroop
250ml witsuiker
60ml water
250ml room
5ml karamelgeursel


125ml gevlokte amandels, liggies gerooster
kaneel om oor te sprinkle


 


Metode:
Voorverhit die oond tot 180 grade en smeer ‘n middelslag tertbak met botter. Sny drie van die appels in wiggies en kook die appelwiggies in ‘n bietjie water tot gaar. Dreineer goed en hou eenkant. Rasper die oorige appel grof en hou eenkant. Verroom die botter en suiker goed en klits die eiers, melk en gerasperde appel by. Voeg die meel, bakpoeier en sout by en maak aan tot ‘n gladde beslag. Skep in die voorbereide tertbak en smeer gelyk. Pak die gaar appelwiggies bo-op en bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Terwyl die tert bak, verhit die suiker en water vir die stroop stadig oor lae hitte en roer aanhoudend tot al die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en laat prut tot die stroop ‘n ligte karamelkleur kry. Voeg die room by, verhit tot kookpunt en verwyder van die hitte. Roer die geursel by. Prik die gaar tert met ‘n vurk of toetspen wanneer jy dit uit die oond haal en giet twee-derdes van die stroop oor. Verhoog die oondtemperatuur na 200 grade. Sit die res van die stroop terug op die stoofplaat en prut verder tot effens verdik en caramel-kleurig. Strooi die neuter oor die tert en giet die dik stroop oor. Sit terug in die oond vir sowat 5 tot 7 minute tot die stroop teen die kante van die tert begin borrel. Haal uit die oond, laat effens afkoel en sprinkle kaneel oor. 


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development