SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Amandel en kaneelbrood

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Amandel en kaneelbrood
Amandel en kaneelbrood Amandel en kaneelbrood Amandel en kaneelbrood

Amandel- en kaneelbrood


Bestanddele:
1kg gekoopte brooddeeg
50ml sagte botter
150ml bruinsuiker
20ml fyn kaneel
100g amandelvlokkies
250-280ml versiersuiker
30ml water
2.5ml vanieljegeursel


Metode:
Voer 'n groot bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. Gooi meel op jou werksoppervlak en koekroller en rol die deeg uit in 'n reghoek sowat 40 x 50cm. Smeer botter oor die hele reghoek. Strooi bruinsuiker en kaneel bo-oor. Begin die lang kant van die reghoek oprol tot dit 'n lang rol vorm. Plaas die rol deeg op jou bakplaat. Begin 2cm van die bopunt en sny die rol in die lengte in die helfte, tot aan die onderpunt sodat jy twee 'toue' het wat aan die bopunt vas is. Begin bo en vleg die 'toue' en druk die onderpunte vas. Bedek die bakplaat met kleefplastiek en 'n vadoek en laat die deeg in 'n warm plek rys vir 1-2 uur. Verhit die oond tot 180 grade. Strooi die amandelvlokkies oor die brood en bedek liggies met foelie. Bak vir 45min, verwyder dan die foelie en bak vir nog 15min. Meng 250ml versiersuiker met water en vanieljegeursel. As dit te loperig is, gooi nog versiersuiker by tot dit 'n pasta vorm wat van die lepel af drup. Haal die brood uit die oond en drup die versiersuiker oor die brood en laat dit afkoel. Sny in 1cm skywe en bedien met hope botter.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

Kyk ook na:
» Nuutste resepte
» Gewildste resepte
» Kykerresepte
» Argiewe
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development