|
Pasta primavera
Bestanddele: 340g pasta 340g kersietamaties 1 ui dun gesny 4 knoffelhuisies Halwe teelepel brandrissie-vlokkies 2 takkies basiliekruid 2eetl olyfolie, sout en peper 4.5k water Gerasperde parmesan
Metode: Plaas die tamaties, uie, knoffel, brandrissie-vlokkies, olyfolie, sout en peper in 'n groot pan. Laat dit kook oor 'n hoë hitte tot die tamaties goed gebraai is en 'n sous vorm. Kook die pasta in sout water. Meng die pasta en tamaties en bedien dit met die basiiekruid en vars gerasperde parmesan. |