|
Quiche is so lekker somers gereg wat mens winter of somer, warm of koud kan eet. Ek maak gereeld Quiche en was altyd uit ‘n respteboek uit en dieselfe Quiche elke keer. So ek het besluit om my eie quich met my eie vulsel te maak en hierdie een gaan heerlik saam met ‘n Rocket en Tamatie slaai op die kant en is net so lekker koud of lou-warm op ‘n somers dag.
KORS 250ml Koekmeel, gesif 250ml Cheddarkaas, gerasper 125ml Harde Botter, gerasper
Voorverhit die oond op 170 grade. Sif die meel, en vryf die botter en kaas in. Voer dan ‘n Quiche bak uit met die kors.
VULSEL Eetlepel botter vir braai 4-5 Preie afhangend van dikte, in ringetjies gekap 1 Groot ui, gekap 1 Kop Brocoli, gewas en in klein blommetjies gebreek 4 Eiers geklits 250ml Room 30ml Melk 15ml Suutlemoensap 3ml Droe oreganum (of vars as jy het) 3ml Droe tiemie (of vars as jy het) 3ml Paprika 4ml Sout 5ml Swartpeper
In ‘n Groot pan, braai die preie, ui, broccoli, in die botter tot sag. In ‘n mengbak, meng die eiers, room, melk, suurlemoensap, oreganum, tiemie, paprika, sout en peper saam. Laat die preie mengsel bietjie afkoel en gooi dan by die eier mengsel. Gooi die finale mengsel bo-op die kors en bak op 170 grade vir 40-45min en geniet dan saam met ‘n slaai.
Terug na Charlene se profiel.
|