SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Gestoofde vrugte vir ontbyt
Gestoofde vrugte vir ontbyt »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Suzanne  Schmidt deur Suzanne Schmidt
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie

Die lekkerny is die eerste keer in Pennsylvania deur die Amish vroue gemaak wat dit as nagereg voorgesit het. Oorskiet van die koekies is dan ingepak vir die werkers wat uit verbasing oor die verrassing in hul kosbakkie “Whoopie!” uitgeroep het… .. Die bestanddele het normaalweg uit o.a . kakao, bruinsuiker en dan ‘n donsige vulsel bestaan. Deesdae word by wyse van afwisselling verskillende variasies van die tradisionele Whoopie pie gemaak en selfs die boonste deel van die koekie word ook versier .

Whoopie Pies
125g botter
200g ligte bruin suiker
1 ekstra groot eier
5ml vanilla
280g koekmeelblom
7ml bakpoeier
2ml sout
60g kakao
40g mini sjokolade splinters
250ml karringmelk

Vulsel
125g Wit Malvalekkers
10ml koue water

Voorverhit oond tot 180C. 2. Sif al die droë bestanddele (Koekmeel,bakpoeier,sout & kakao) saam. Verroom botter en suiker en voeg eier by. 3. Voeg nou beurtelings die droë bestanddele en karringmelk by die bottermengsel. Geur met vanilla geursel . 4. Vou laastens die sjokolade splinters in. 5. Gebruik ‘n roomys skepper om die rou deeg op bakplaat te skep. Neem in ag dat dit taamlik uitsprei tydens die bakproses. Bak vir 12 minute totdat die bolaag terugspring as ‘n mens daaraan raak. 6. Laat afkoel . Pas nou twee –twee opmekaar, gereed om die vulsel in te sit. 7. Vulsel: Plaas Malvalekkers in mikro-vaste bak , tesame met die water. Mikrogolf vir 20 sekondes. Roer tot sagte mengsel. Laat effens afkoel . Gebruik nou as vulsel tussen twee koekies. 8. Rakleeftyd-3dae, kan vir 3 maande gevries word indien die produk individueel met plastiek bedek word. Variasie: Rooi fluweel Whoopie pies. Gebruik bostaande bestanddele : Voeg by 25 ml rooi voedselkleursel 180ml appelpuree by bogenoemde resep Verminder karringmelk tot 25ml .


Terug na Suzanne se profiel.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

» Alle kykerresepte
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development