SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Gestoofde vrugte vir ontbyt
Gestoofde vrugte vir ontbyt »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Gekarameliseerde Pere met ryk sjokolade sous

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Gekarameliseerde Pere met ryk sjokolade sous
Lorraine Swanepoel deur Lorraine Swanepoel
Gekarameliseerde Pere met ryk sjokolade sous Gekarameliseerde Pere met ryk sjokolade sous Gekarameliseerde Pere met ryk sjokolade sous

In my matriek jaar moes ons n ‘buite-die-boks resep’ kook in een van die huishoudkunde praktiese. Ek kan onthou die opdrag het baie getel so ek was ietwat in `n “flat-spin” gewees. Baie was op die spel. Dis tradisie in ons familie om elke sondag plaatkoekies te maak vir aandete (niks swaar na die lywige sondag middagete nie). So het ek geëksperimenteer met verskillende variasies van plaatkoekies. Hierdie gekarameliseerde peer plaatkoekies was dadelik n treffer in die Swanepoel huisgesin! En het op die ou einde my ook van uitstekende punte in die huishoudkunde prakties verseker!

Pere
3-4 harde groen pere
30ml gesmelte botter/margarien

Plaatkoekies
3 eiers
150ml suiker
500ml melk
30ml gesmelte botter/margarien
500ml koekmeel
4 hoogvol teelepels bakpoeier
5ml sout Sjokolade sous
80ml room
100g sjokolade

Pere: Sny die pere in ongeveer 5mm dikte skywe in die lengte van die peer. Plaas dan die skywe op n gesmeerde bakplaat en verf met gesmelte botter. Bak die pere in die oond teen 180°C vir 15min. Hou eenkant.


Plaatkoekies: Klits die eiers en suiker saam tot liggeel en donsig. Die geheim le in die baie klits om dit veerlig te laat. Voeg dan net 250ml melk en botter by. Sif die droë bestanddele saam en voeg by die eiermengsel by. Voeg dan die oorblywende 250ml melk by en meng tot n gladde beslag. Moenie die mengsel roer nadat alles goed gemeng is nie. Smeer n pan met olie (ek gebruik n elektriese braaipan). Plaas dan n skyf peer op die pan en skep n lepel vol beslag oor die peer sodat die peer net-net bedek is. (Die beslag rys baie, so wees versigtig om nie te veel plaat koekies in jou pan te he op een slag nie. Dit maak die moeilik om te draai). Bak dan die plaatkoekies aan die eenkant tot lug borreltjies aan die bokant verskyn. Draai dan versigtig om en bak aan die ander kant tot lig goud bruin. Plaas die room en sjokolade in n souspannetjie en roer oor lae hitte tot gesmelt en dik. Vir n dikker sous voeg net ekstra sjokolade by. Bedien die plaatkoekies saam die ryk sjokolade sous.


Terug na Lorraine se profiel.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

» Alle kykerresepte
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development