SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Sjokelade koek (Sonder koring)

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Sjokelade koek (Sonder koring)
Lynn Coetzee deur Lynn Coetzee
Sjokelade koek (Sonder koring) Sjokelade koek (Sonder koring) Sjokelade koek (Sonder koring)

My dogtertjie (7) is onlangs as "wheat-intolerant" gediagnoseer. Vir 'n kleinding met 'n soet tand is dit vreeslik. Die soetgoed wat in die winkels beskikbaar is vir diegene wat nie koring kan verwerk nie, smaak vreeslik en is baie duur.

Ek het toe besluit om te speel met rog-meel en mielieblom - albei mag sy eet. Ek het toe een van my staatmaker resepte verander en siedaar - ek het 'n veerligte sjokeladekoek gemaak wat almal kon eet!

5 groot eiers
375ml suiker
375ml rogmeel (rye)
125ml mielieblom
83 ml kakao
15ml bakpoeier
125ml olie
75ml melk
175ml kookwater

Klits die eiers en suiker saam in 'n groot bak totdat dit dik en romerig is, sowat 5 - 8 minute. Sif die droe bestandele deeglik saam. Ek het dit 3 keer gesif en weer in die bak bo-oor die eier mengsel gesif. Meng die droe mengsel liggies saam met die eiers totdat dit alles gemeng is. Meet die olie, melk en water in 'n beker, roer saam en gooi by die mengsel. (Ek sit gewoonlik die bakpoeier bo op die mengsel en gooi dan die nat bestandele oor. Dit skuim baie en kan maklik ingevou word.)
Vou die mengsel saam tot goed gemeng. Gooi in twee ronde bakpanne wat gevoer en gespuit is. Bake vir 30 minute lank by 180 C.

Vulsel
Sommer maklik om te maak
250ml vars room
jou gunsteling blok sjokelade

Klits die room tot styf. Smelt die sjokelade in mikrogolf. Meng die twee saam en smeer tussen die twee lae koek wat afgekoel is. Ek het van die vulsel gehou om torings bo-op te maak.

Versiering - Fudge
62g med vet margerien
83ml kakao
375ml versiersuiker
kookwater

Smelt margarien in mikrogold - 30 sec. Roer kakao goed daarby. Sit so 15ml kookwater by en roer tot glad. Voeg die versiersuiker by en roer totdat dit 'n gladde mengsel is. As dit te styf is, sit meer water by of meer versiersuiker as te slap. Dit moet soos "fudge" wees.

Smeer die versiering om en bo die koek. Ek het torings bo-op versier en sommer ekstra sjokelade meer gespeel en patrone gemaak. Die probleem met die koek was dat almal nog wou eet en die mensie vir wie dit eintlik gemaak was het slegs twee dun snye gekry!


Terug na Lynn se profiel.


Kommentaar / vrae:

 Hou van Pasella en kyk dit elke Woensdag aand
deur Sonja Niemann
23 February 2012 00:21:07






Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

» Alle kykerresepte
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development