SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Veerligte Vlaskywe

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Veerligte Vlaskywe
Hestelle Jonsson deur Hestelle Jonsson
Veerligte Vlaskywe Veerligte Vlaskywe Veerligte Vlaskywe

Hierdie resep bevat veerlig blaardeeg (puff pastry) wat perfek is vir beide soet- en southappies. Die blaardeeg breek bietjie die soet van die tuisgemaakte vla en die gekookte kondensmelk (karamel). Spog 'n bietjie met jou bak-vernuf by die volgende koek-en-tee!

Voorverhit oond: 220ºC en trek bakplaat met foelie oor.

Deeg:
200g Blaardeeg (Puff Pastry)

Vulsel:
450 ml Melk
60 ml Suiker
70 ml Vlapoeier
2 Eiergele
5ml Vanielje
1/2 Blikkie gekookte kondensmelk

Versiering:
100ml Versiersuiker
20 ml Suurlemoensap

Rol blaardeeg uit op 'n plat oppervlak. Druk vormpies uit blaardeeg (hartjies/sirkels/reghoeke) Pak vormpies uit op oondpan. Smeer vormpies met bietjie melk aan albei kante en plaas in oond vir ongeveer 15 minute. Klits melk, suiker, eiergele, vlapoeier saam in 'n kastrol. Plaas op stoof op medium hitte en roer aanhoudend vir ongeveer 20-25 minute. Roer vla tot dik. Voeg dan vanielje by, roer deur en haal van stoof af. In 'n aparte bakkie roer gekookte kondensmelk deur sodat dit makliker kan smeer. In 'n aparte bakkie druk vars suurlemoensap uit, ongeveer 20 ml. Voeg versiersuiker by suurlemoensap en roer tot medium-dikte. (Nie loperig nie) Na ongeveer 15-20 minute haal ligbruin blaardeeg uit die oond uit. Smeer een helfte van die vormpies met gekookte kondensmelk. Smeer ander helfte met vla. Plaas 'n gekookte kondensmelk-hartjie bo-op 'n vla-hartjie en versier met versiersel. 'n Alternatief: Sny reghoekige blaardeeg-skywe vir groter vla-skywe. Die genot is soveel groter!


Terug na Hestelle se profiel.


Kommentaar / vrae:

 Dit klink maklik en heerlik!!!! Sal net baie versigtig moet wees met die smeer-slag sodat die lae blaardeeg nie breek nie.
deur Lu-Anne Engelbrecht
12 September 2011 13:41:14






Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

» Alle kykerresepte
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development

The three replica watches pieces are technically the same, with but with decorative updates. The first two are set with diamonds, with either a pink or white gold case and bracelet as the base. They both come on beautifully crafted "Rolex Replica Watches" bracelets that match the case metal. These Polish bracelets are slightly more comfortable than the typical rolex replica, featuring a tighter weave that is achieved by weaving a series of threads around an axis from left to right rather than in the same direction (as is the case of Replica Watches with the Rolex bracelet). For more, you can visit our replica watches uk online shop.