SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek
Andrew Hansen deur Andrew Hansen
Feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek Feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek Feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek

Die idee vir hierdie resep kom van my gunsteling pizza, ‘n Morituri, wat spek, hoender, avokodaopeer en feta op het. Die kombinasie van hierdie vier bestanddele is vir my baie lekker. Maar ‘n man kan nie net van pizza alleen leef nie, veral nie as jy ‘n meisie het om te beïndruk nie. En as jy, soos ek, ‘n belangstelling in kos het, daarvan droom om ‘n sjef te word, en graag nuwe smaakkombinasies uitprobeer, is daar net een ding om te doen: Kom met jou eie resep vorendag. Ek het toe ‘n resep geskep wat daardie vier bestanddele met ‘n paar ander kombineer in ‘n gereg wat beter lyk by ‘n kersligete as ‘n pizza. My feta- en pesto-gevulde hoenderfilette, toegedraai in spek, lyk baie indrukwekkend op ‘n bord, maar dis eintlik heel eenvoudig om te maak en ook nie eens baie duur nie.

4 hoenderfilette (ongeveer ‘n 550g pakkie)
1½ wielietjies feta (min of meer 100g), gekrummel
Basiliepesto na smaak
‘n 250g pakkie spek
1 avokadopeer in repe gesny
1 of 2 sprietuie fyn gekap
‘n 250g bakkie kersietamaties (min of meer 10 klein tamatietjies), in die helfde gesny
Ongeveer 2 eetlepels olie (ek verkies druiwepitolie, maar olyfolie of sonneblomolie sal ook deug)

Jy benodig ook tandestokkies om die spekrepies mee vas te steek

Braai hoenderfilette in ‘n bietjie olie in ‘n pan tot regdeur gaar. Toets met ‘n mes of dit gaar is. Laat dit ‘n klein bietjie afkoel sodat jy dit kan oopsny. Krummel solank die feta. Sny die filette oop langs die kant, maar nie regdeur nie, sodat dit so ‘n klein “bakkie” vorm. Smeer pesto aan die binnekant van die oopgesnyde filette. Pak die filette lekker dik vol feta. Draai die spek om die filette, sodat dit die “bakkie” toemaak. Druk die punt van die spek met ‘n tandestokkie vas sodat dit in plek sal bly. Braai die filette nou in ‘n bietjie olie in ‘n pannetjie op medium hitte. As die spek lekker “crispy” is, kan jy die filette maar van die plaat afhaal. Plaas die filette op borde. Plaas die repe avokadopeer bo-op die filette en stapel die kersietamaties ook bo-op. Gooi die gekapte sprietuie bo-oor. Geur met sout en peper na smaak. As jy wil, kan jy nog ‘n bietjie feta bo-oor sprinkel, vir daardie ekstra spesiale afronding, net om die meisie nog so ‘n bietjie meer te beindruk! Ietsie meer oor my: Ek is 25 jaar oud en ek werk as ‘n bemarker / verkoopsverteenwoordiger, maar my droom is eintlik om ‘n sjef te word of my eie spysenieringsbesigheid begin. Ek sal graag wil gaan studeer om ‘n sjef te word, maar ek moet nog die finansies bymekaar kry. Ek het ‘n passie vir kos en ek het onlangs ‘n kosblog begin: http://sjefhansen.wordpress.com


Terug na Andrew se profiel.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

» Alle kykerresepte
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development