SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Gestoofde vrugte vir ontbyt
Gestoofde vrugte vir ontbyt »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Maas-en Groenvyeroomys met Wilsontoffiesous

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Maas-en Groenvyeroomys met Wilsontoffiesous
Petro Lotz deur Petro Lotz
Maas-en Groenvyeroomys met Wilsontoffiesous Maas-en Groenvyeroomys met Wilsontoffiesous Maas-en Groenvyeroomys met Wilsontoffiesous

Ek het sommer ‘n bietjie rondgespeel met SA-gunstelinge en hierdie nagereg bedink. My vriende en gesin hou baie daarvan, ek ook, maar dan weer, ek eet enige-iets behalwe Zoo-koekies.

(maak 2 liter roomys)

750ml room
1 flessie groenvye in stroop
8 vryskrop eiergele
750ml maas

Verhit die room tot dit begin lyfskud in die kastrol. Voeg die stroop van die vye by. Klits die eiergele en gooi ‘n skeut van die roommengsel by die eiers, roer en gooi die eierkonkoksie dan in die room. Verhit baie mooi saggies en klits die hele tyd met jou ballonklitser. ‘n Wonderlike oomblik breek aan wanneer jy sal sien jy het ‘n vla gemaak. Sit die stoof af en gooi die maas by. Kap die vye halfhartig en roer dit ook in die besigheid. Indien jy baie gelukkig is, het jy ‘n roomysmaker. Giet die mengsel in die masjien en raadpleeg die handleiding van hier af. Indien nie, gooi dit in ‘n plastiekbak; druk in die vrieskas. Haal dit elke 2 uur uit en klop/breek die yskristalle. Haal dit 10 minute of so voor bediening uit die vrieskas, om jou polse te spaar met die opskepslag. Wilson Toffeesous Vat ‘n hele pakkie Oorspronklike Wilsontoffies en begin om die papiertjies af te haal. Verhit intussen 125ml room in ‘n klein kastrolletjie. Die room sal warm wees lank voor al die papiertjies af is, maar nou ja, alles kom teen ‘n prys… Ewenwel, sodra al die toffies bevry is, gooi jy hulle in die room. Sit die stoof af. Maak asof jy van hulle vergeet, net om terug te kom en almal lieflik gesmelt te bevind: gereed om oor die roomys te gooi. Soet, Suid-Afrikaans en lekker!


Terug na Petro se profiel.


Kommentaar / vrae:

 Sal my voortanne gee hiervoor!!!! Hoeveel is n hele pakkie Wilsonfoffies? Is dit n sakkie of \\\'n boks van die groothandellaar?
deur Lu-Anne Engelbrecht
12 September 2011 13:48:28






Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

» Alle kykerresepte
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development