SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Gestoofde vrugte vir ontbyt
Gestoofde vrugte vir ontbyt »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Lamkoeksusters

Stuur jou resep
Maak 'n Afdruk Afdruk
Lamkoeksusters
Val  Burns deur Val Burns
Lamkoeksusters Lamkoeksusters Lamkoeksusters

1kg ontbeende lamsboud of lamribbetjie
30ml matige kerriepoeier
120ml meelblom
sout en swartpeper, na smaak

Sous
1 matige ui, fyngekap
1 klein groen soetrissie,fyn gekap
50ml korente
20ml vars tiemie, gekap
125ml tamatiesous
50ml vrugte blatjang
10ml bruin suiker
30ml olie
250ml vars lemoensap of liquifruit

Appelkoos Kompot
200g droe appelkose, gekap
100ml witwyn
25ml bruin suiker
5ml vars dhania, fyn gekap

Voor verhit oond tot 180 grade C. Meng kerriepoeier, meelblom, sout en peper saam. Sny die lamvleis in stukke, sny drie repies in elke stuk soos vir koeksusters en vleg. Maak vas met peuselstokkies en sit op sy tot benodig. Rol voorbereide 'koeksusters' in die kerriepoeier mengsel en bedek deeglik. Skud oortollige meel af. Plaas in enkel laag in oondvaste bak. Strooi die gekapte, ui, soet groen rissie, korente en tiemie oor die vleis. Verhit oorblywende bestandele in 'n klein kastrol en giet oor lam.  Bedek met foelie en bak tot gaar. Verwyder foelie vir die laaste 15 minute, bedruip vleis met 'n bietjie van die sous en bak tot bruin.

Blatjang: Terwyl vleis bak, plaas appelkose, wyn en suiker in kastrol en kook tot appelkose sag word en sous verdik. Verwyder van hitte en roer die dhania by. Hou warm en bedien met die 'koeksusters'.

Bedien met kapok aardappels of kekerertjies wat in 'n voedselverwerker met olyfolie en knoffel gemaal is, en groente van keuse. bv. Botterskorsie, ertjies, spinasie ens. Die 'Koeksusters' kan vervang word met hoender porsies, volstruisfilet of varktjops.


Terug na Val se profiel.


Kommentaar / vrae:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *

» Alle kykerresepte
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development