SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Gestoofde vrugte vir ontbyt
Gestoofde vrugte vir ontbyt »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Reuben Riffel

 
« Pasella Ghoeroes 
Reuben Riffel
Reuben Riffel Reuben Riffel Reuben Riffel
Reuben Riffel

Die 35-jarige Suid-Afrikaanse sjefsensasie Reuben Riffel het sy loopbaan in sy geboortedorp Franschhoek begin. Reuben het reeds in sy vroeë twintigs die geleentheid gekry om sy eie kombuis te bedryf. Daarna stig en werk hy by die Monneaux-restaurant – een van die top tien restaurante in Suid-Afrika. Vir drie jaar lank skerp Reuben sy sjefvermoëns by Monneaux op voordat die buiteland hom roep. In Cambridge, Engeland, stig Reuben en 'n paar vriende die restaurant Bruno's Brasserie wat weer eens 'n groot sukses op dié jong sjef se kerfstok is.

Ten spyte van Bruno's Brasserie se sukses, besluit Reuben om terug te keer na sy geboorteland en open in 2004 Reuben's restaurant in Franschhoek. Die restaurant ontvang slegs ses maande na sy opening die gesogte Eat Out Johnnie Walker Restaurant of the Year-prys en Reuben word bekroon as die Eat Out Johnnie Walker sjef van die jaar.

In 2008 publiseer Reuben sy eerste kookboek genaamd Reuben Cooks – Food is Time Travel en in egte Reuben-styl wen hy die Best Chef's Book in South Africa 2009 by die internasionale Gourmand World Cookbook Awards in Spanje. Meer onlangs (2009) open hy ook Reubens at The Robertson Small. Hou gerus Pasella dop vir 'n smakie van Reuben se koskultuur.


Reuben's Logo

No 19 Huguenot Straat, Franschhoek, 7690
Tel: 021 876 3772
Faks: 021 876 4464
Epos: reservations@reubens.co.za

Pasella aanvaar geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting soos verskaf deur enige persoon met wie 'n onderhoud in 'n program gevoer word nie.
Artikels / Insetsels
» 13 Maart 2013: Reuben se omelet
» 19 Desember 2012: Reuben se soutkaramelsous in ‘n flessie
» 14 November 2012: Reuben se karamelsous
» 13 Junie 2012: Aartappelskyfies
» 22 Junie 2011: Soet broskorspasteideeg
» 13 April 2011: Piesang-, rum- en pannekoekflambé
» 13 April 2011: Garnaalflambé
» 26 Januarie 2011: Karamelsous
» 19 Januarie 2011: Gnocchi
» 12 Januarie 2011: Gepekelde vis
» 22 Desember 2010: Geroosterde varksvleis
» 15 Desember 2010: Maak ʼn vis só skoon
» 24 November 2010: Vrugte-coulis
» 6 Oktober 2010: Meringue
» 29 September 2010: Geroosterde aartappels
» 8 September 2010: Roereiers
» 7 Julie 2010: Grendedella en suurlemoensoufflé
» 19 Mei 2010: Leeslekkers
» 5 Mei 2010: Tuisgemaakte pasta
» 31 Maart 2010: Geelstert oor die kole

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development