SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Jo-Marie Rabe

 
« Pasella Ghoeroes 
Jo-Marie Rabe
Jo-Marie Rabe Jo-Marie Rabe Jo-Marie Rabe
Jo-Marie Rabe

My liefde vir oudhede? Kyk, die antwoord is nou sekerlik nie een wat van 'n moderne “bevryde” vrou verwag sal word nie, maar dis die waarheid. Dit het alles met 'n man begin! My eie wonderlike man. Toe ek hom 27 gelede ontmoet het, was hy reeds die trotse eienaar van 'n antieke Kaapse wakis en 'n baie ou geel-en-stinkhout- eetkamertafel – en hy het dit gekoop, nie geërf nie! Hy was 21 jaar oud en reeds 'n passievolle versamelaar. Wanneer 'n mens met so 'n uitsonderlike en goed gedefinieerde passie te doen kry, is dit baie maklik om daardeur meegesleur te word.  

Nadat ons studies het ons in 1988 ons eerste oudhedewinkel op Stellenbosch oopgemaak. Dit was piepklein, maar het reg van die begin af in Afrikana gespesialiseer. Vir die eerste paar jaar het ons twee alles self gedoen: Piér het rondgery om die ou meubels te soek en ek het ons winkeltjie bestuur. Vandag het ons 'n wonderlike span mense wat ons bystaan.

My kennis van oudhede? Ek was my hele lewe lank leergierig en in 2000 skryf ek in vir 'n MA in Geskiedenis by die Universiteit van Stellenbosch. In 2007 voltooi ek 'n tesis met die onderwerp: Die invloed van die Morawiese Piëtisme op die ontwerp van Kaapse Meubels.

Wat geniet ek van ons wêreld? Alles! Die feit dat daar nog absoluut elke enkele dag verrassings is; bykans elke dag nuwe insigte en iets nuuts om te leer. En, ek is gaande oor die mense: versamelaars is altyd wonderlike interessante individue.

Wat maak my tans opgewonde?
Ontwerpstukke wat uit die middel van die 20ste eeu dateer, hetsy glas, meubels, ligte of argitektuur. Die 50ger jare is opwindend en “uber-cool”!
 

Pier Rabe Antiques

www.pierrabe.co.za

Pasella aanvaar geen verantwoordelikheid vir foutiewe inligting soos verskaf deur enige persoon met wie 'n onderhoud in 'n program gevoer word nie.
Artikels / Insetsels
» 22 Augustus 2012: Meubelontwerpe
» 22 Junie 2011: Silwer
» 13 April 2011: Emalje
» 2 Maart 2011: GLOBE en Linnware-keramiek
» 9 Februarie 2011: Rorke's Drift-kunshandwerk
» 15 Desember 2010: Voetstofies
» 10 November 2010: Anglo-Oosterse keramiek
» 6 Oktober 2010: EPNS-silwer
» 29 September 2010: Murano-glas
» 18 Augustus 2010: Kaapse kombuisware

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development