Wolwedans saam met Adriana Marais

12 Desember 2018

In dié episode van Pasella glamp ons by drie opwindende plekke. Een van hulle is saam met ‘n potensiële Mars-bewoner naby Sossusvlei in Namibië.

Wolwedans, suid van Sossusvlei is deel van die NamibRand Natuur-reservaat is ‘n privaat reservaat wat sowat 200 000 hektaar beslaan. 

Adriana Marais is een van die Mars 100 wat beplan om vanaf 2026 moeder aarde vir Mars te verruil. Daar het meer as 200 000 kandidate aansoek gedoen om Mars toe te gaan. Sasha-Lee gesels met Adriana oor die keuringproses en die besluit om moontlik Mars toe te trek.