SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Werksbank vir Ivan Zimmermann

Maak 'n Afdruk Afdruk
werksbank

Benodighede:

Dennehout werksbank (koop een)

Fyn skuurpapier

Houtbeits

Waterbasisverf vir die rand

Kwaste

Hamer

Knyptang

Vier wieletjies

Houtskroefies en wassers

Koordlose boor

Beskermingsbril

Houtboorpunt van 18mm

Maatband

Potlood

Teëlwerk:

Spesiale teëlgom vir hout

Geriffelde teëltroffel

Plank van 300mm by 300mm

Spons

Voegbry

Voegbry-aanwender

Emmer (om alles in te meng)

Kook:

Klein eenplaat gasstofie

Gaspyp

Skuifhakkies

Reguleerder

Klampe

Skroewedraaier

Skerp snymes

Vol gasbottel

1. Draai eers die hele werkbank op sy kop sodat die wiele aangesit kan word.

 2. Hou die wiele in posisie en merk met ‘n potlood waar jy gaan boor.

3. Boor loodsgaatjies met ‘n klein boorpunt

4. Hou die wiel in posisie. Sit eers ‘n wassertjie in die skroef, dit is om te keer dat die skroefkop nie deur die wiel se gaatjie gly nie.

5. Skroef die wiel vas en herhaal die proses tot al vier wiele stewig vas is.

Draai nou weer die werkbank regop. 

1.Meet hoe groot die gasbottel is.

2.Kyk hoeveel van die bestaande dwarsplankies verwyder moet word sodat die bottel gemaklik kan inpas.

3.Vat die hamer en tik liggies van onder af totdat die plankies loskom. Verwyder een vir een.

4.Trek die klein spykers uit.

5.Sit die gasbottel in en kyk of daar genoeg beweegruimte is - onthou jy wil nie sukkel as die gasbottel leeg is en vervang moet word nie.

Nou kan die werkbank mooigemaak word.

Skuur al die oppervlaktes - behalwe die blad bo-op - met fyn skuurpapier.tof die werkbank deeglik af en stof dan af. 

Vat die houtbeits - enige kleur van jou keuse - en begin om die dennehout daarmee te verf.

Voor ons met die pret van teelwerk begin, moet ons eers ‘n gat vir die gaspyp deur die blad boor. Die pyp is sowat 16mm dik, so boor die gat met ‘n 18mm-houtboorpunt. Merk bo-op die blad waar die pyp moet uitkom en ook waar die gastofie gaan staan. Merk die sentrale punt en boor die gat van bo af deur.

Vat die pyp en kyk of dit gemaklik deurgaan

Die teëlwerk

1.Vir gemoedsrus pak die teelvelle op die blad uit om te kyk of daar werklik geen snywerk gaan wees nie.

2.Die velle is 300mm by 300mm so hy het 6 nodig.

3.Smeer ‘n dun lagie van die spesiale houtteelgom op die helfte van die blad, die gom word blitsvinning droog so moenie te veel op een slag smeer nie.

4.Trek met die riffelkant van die troffel op die blad. Die teelgom moet verkieslik oral dieselfde dikte wees sodat die teels eindelik gelyk lê.

5.Plak die vel op die blad.

6.Vat nog ‘n vel en kyk dat die spasie presies dieselfde is as tussen die res van die velle.

7.Smeer nog teelgom en plak die res van die mosaïekteeltjies

8.Om die teeltjies almal plat te kry, vat ons die hooutplank en druk saggies op die teeltjies. Van die teelgom gaan bo uitpeul, maar moenie bekommer nie!

9.Wag ‘n rukkie vir die gom om te set en neem dan ‘n klam spons en vee die oortollige gom af.

10.Nou kan hy die voegbry tussen die teels insit.

11.Meng die voegbry met water tot ‘n pap mengsel en maak seker die brousel is klontvry.

12.Smeer die voegbry tussen die gleufies en wag so paar minute vir dit om droog te word.

13.Vat die spons en vee die teels mooi skoon.

Installeer die gasbottel:

1.Hou die bottel in posisie, meet met die pyp waar dit afgesny moet word, maak dit effe langer in geval jy die stofie wil rondskuif op die blad.

2.Sny die pyp met die skerp mes op die regte plek korter.

3.Sit nou die reguleerder aan die gasbottel se kant vas. 

4.Druk die klein pypie so diep as moontlik in die pyp in en vat ‘n klamp en draai dit bitterstyf vas.

5.Druk die pyp deur die gat en maak dit aan die stofie met ‘n klamp vas.

werksbank
plan
wiele
karin werk
boor 'n gat
mosaiek
ivan en paul
mosaiek
mosaiek
voegbry vir teels
karin en ivan
paul en gasbottel
reguleerder
gasstofie
werksbank
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development