Stuart Trent se fasineerende versameling

26 Mei 2018

Hierdie week besoek ons 'n paar interessante versamelaars. Verken die Trent Gallery saam met Amalia en Stuart Trent, die koning van self-portrette.

In Waterkloof in Pretoria kan kunsliefhebbers 'n kunsgallery besoek met 'n uiteenlopende versameling kunswerke. Wat die Trent Gallery egter interessant maak is dat sy eienaar, Stuart Trent, n indrukwekkende versameling selfportrette deur 'n verskeidenheid kunstenaars besit. Pasella het by hom gaan inloer om oor sy unieke versamelgier te gesels.

Moet dit nie misloop nie- Pasella, Woensdae aande, 7.30 op SABC2.