SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

September

Maak 'n Afdruk Afdruk
Bruin pot Septembermaand in ons kombuistuin

PLANT
  • blaargroente soos pakchoi
  • rissies
  • radyse

Suurlemoen en Kumkwatbome
Hierdie maand plant ons suurlemoen- en kumkwatbome. Jy kan hulle eintlik, soos ander sitrus oral en enige tyd van die jaar plant – behalwe wintertyd in rypareas.

Vir die suulemoenboom benodig jy 'n groterige pot – ongeveer 50 x 50cm hoort reg te wees. Verwyder die swart plastiek versigtig wanneer jy die boom oorplant, sodat die potgrond rondom die wortels nie loskom nie. Gebruik organiese misstof in plaas van beenmeel aangesien sitrusplante baie stikstof en potassium benodig. Laventel en petunias is ideale pasmaats vir hierdie bome om witvlieg en luise te beveg.

Jy kan 'n kleiner pot vir die kumkwatboom gebruik en onthou om weer 'n lagie potgrond te strooi na jy die misstof ingewerk het.  Maak seker die boom en wortels is stewig in die grond. Die kumkwat leen hom ook goed tot ‘n snoeiboom en bedank jou laat-winter met vrugte.

Albei word in potte geplant en hoewel ‘n pot ‘n mooi toevoegsel tot enige tuin is , impliseer dit werk want jy moet met 'n tuinslang of gieter natmaak. In die somer het sitrusbome heelwat water nodig, ongeveer 10L elke tweede dag, maar onthou, in die winter is eenmaal per week genoeg.


TAKE

‘n Maklike plan om besproeiing aan te lê tot binne-in die pot. Lê ‘n dik pyp van die kraan af aan en nog een in die pot. Verbind die twee met ‘n dunner pypie wat buigbaarder is. Die pyp in die pot kry tussen 5 en 6 gaatjies in. Om hom te verdoesel en ook vog in te hou, word handevol bas bo-in die pot gegooi. Jy kan ook 'n apparaat installeer waarvolgens die sproeier aan en afgeskakel word op gestelde tye. So bespaar jy water want nou gaan dit alles in die pot in en verdrink die patio nie.

Dit is wys om jou hele tuin met ‘n sprinkelstelsel uit te lê wat, indien moontlik, aan ‘n boorgat gekoppel is. Hoewel jy aanvanklik ‘n paar rand hoes, spaar jy uiteindelik heelwat op jou munisipale rekening. Raadpleeg jou naaste kwekery vir verdere instruksies.


OES

  • waterblommetjies
  • suurlemoene
  • kumkwarte
Gedurende September kan jy suurlemoene en kumkwarte oes. Willie oes die Eureka suurlemoen, wat 'n gladde geel skil het. Hierdie boom dra heel jaar vrugte. Hy oes ook die Kaapse growwe skil, wat donkerder van kleur is en slegs begin somer vrugte dra. Oes kumkwatte wanneer hulle 'n diep oranje kleur het.


Resepte
Ontspan:
Suurlemoene oor die kole

Frikkadelle in suurlemoenblare
Waterblommetjiebrediepasteitjies


Onthaal:
Kumkwatamandelkoek
 
Piepkuiken met gepreserveerdesuurlemoensous


Onthou:
Pikant gepekelde suurlemoene
Lemonchello

Waterblommetjiekonserf
Waterblommetjiepekel


TUIN:  The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

PASELLA Sê DANKIE AAN

Institute of Culinary Arts
T: 021 885 1414
F: 021 885 1085
info@icachef.co.za
www.icachef.co.za

Aspidistra Tuinsentrum
T: 021 881 3494
F: 021 881 3430
willieschmidt@telkomsa.net
Druk sitrusboom se wortels in pot vas
Druk grond met hande vas in pot
Boombas in potplant
Plant petunias by kumkwatboom
Steek gaatjies in swart plastiekpyp
Kaapse Growwe Skil
Kumkwatte en suurlemoene
Willie Schmidt en Vicky Davis gesels
   

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development