SABC Logo
 
Pasella SABC2
Vuurwerke deur Jan Braai

Kompetisie besonderhede
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

SELFDOEN: Papierlanterns

Maak 'n Afdruk Afdruk

Marlize maak lanterns vir Pasella

SELFDOEN: Maak jou eie papierlanterns

Kerslig skep altyd ‘n lekker gesellige atmosfeer. Hierdie lanters is 'n wonderlike idee vir wanneer jy mense onthaal. Jy kan hierdie idee ook telkens laat aanpas by jou kleurskema en tema sonder om ‘n fortuin te spandeer.

Jy benodig:

 

  • fotokopieë van jou ontwerpe op gewone of gekleurde papier (afhangende van jou kleurskema en tema) in A4 en A3 grootte (Ek het fotokopieë van botaniese sketse, asook ou naaldwerkpatrone wat ek saam gaan gebruik)
  • Asetaat – ook in A4 en A3 grootte
  • Spuitgom
  • Alkantplakband
  • Handwerkmessie, snymat & metaal liniaal
  • Skêr
  • Glashouertjies met teekersies

 

Begin deur die asetaat tot die grootte te sny wat jy jou lantern wil hê en gebruik jou snymat, handwerkmessie en metaal liniaal sodat jy seker is jou lyne is mooi reguit. 

Spuit die een kant van die asetaat met gom – en werk altyd op hope koerantpapier of in ‘n kartonboks sodat jy nie alles om dit ook taai maak nie (die gom is nogal ‘n pyn om weer af te kry).

Plak dan die papier met die ontwerp daarop vas en gebruik ‘n skêr of handwerkmessie om die randte af te knip. 

Vir die lanterns met die naaldwerkpatrone gaan ek dit sommer so effens kreukel en dan net vasdruk op die taai asetaat. (en soek maar vir ‘n mooi deel met interessante woorde of ontwerpe of iets).

Laastens gaan jy ‘n strokie alkantplak op die een rand van die asetaat plak, dit rol en aan die ander kant vasheg. Vryf dit maar goed plat en daar’s jou lantern klaar.

Nog ‘n idee is om gewone glase met swartbordverf of selfs gewone swart handwerkverf te verf en dan met bordkryt daarop te skryf. 

Groepeer dan almal so saam vir ‘n wonderlike fokuspunt.

En so kan jy dieselfde reseppie oor en oor gebruik en dis elke keer splinternuut. 

 

 

 


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development