Romantiese wegbreek in Namibië

13 Junie 2019

Pasella vier die Februarie-liefde by ‘n romantiese wegbreekplek buite Windhoek, Namibië, saam met ‘n paartjie wie se liefdesverhaal eersdaags op die silwerdoek vertel gaan word.

Mardaleen en Hugo Derks van Gobabis is reeds 14 jaar getroud met twee kinders, maar om tot trou te kom was vol kinkels en kabels. Hulle liefdesverhaal is so aangrypend dat dit uit hordes inskrywings gekies is om ‘n fliek van te maak. 

Sasha-Lee kuier saam met die paartjie by die romantiese bestemming Otimbonjana wat mens sommer van vooraf verlief sal maak. 

Maak seker jy kyk elke Woensdag Pasella, 19:30 op SABC2.