SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kondensmelkfudge in die mikrogolf
Kondensmelkfudge in die mikrogolf »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Perdry, skaats, skiet en musiek!

Maak 'n Afdruk Afdruk

Armand Aucamp Pasella

Perdry, skaats, skiet en musiek!

Pasella kuier saam met Armand Aucamp, Moses en Alan Adams, Flippie van Tonder en Bottomless Coffee.

Die akteur Armand Aucamp het vinnig as een van die mees gewilde akteurs in die plaaslike bedryf naam gemaak met sy rolle in produksies soos Ballade vir 'n Enkeling en Hard Copy. Hy sal ook later te sien wees in Krotoa waar hy Jan van Riebeeck vertolk.

Armand Aucamp Pasella

As deel van hierdie rol moes hy baie perdry so hy en Heino saal op vir 'n rit deur die woud. Armand maak vir ons heerlike sjokolade lekkers wat sy streng Keto-dieet volg. Keto is oos die banting dieet maar nog strenger, met nog minder koohidrate wat toegelaat word.

Flippie van Tonder Pasella

Flippie van Tonder is die Suid-Afrikaanse en Wêreldkampioen in verskeie skyfskiet-afdelings en spog met hordes medaljes en trofees wat hy oor die jare ingepalm het. Skyfskiet is vir Flippie baie meer as net 'n stokperdjie en vier jaar gelede het hy die perfekte erf gekry om 'n skietbaan te bou. Hy is die enigste persoon in die land wie se persoonlike skietbaan aan alle amptelike regulasies van sy sportsoort voldoen. 

Moses en Alan Adams Pasella

Moses Adams ry al skaatsplank vandat hy 9 jaar oud is. Sedert 2011 hou hy Suid-Afrika se naam hoog in die internasionale arena en sy jonger broer, Alan, volg in sy voetspore. Moses se ouer broer Gary het vir hom van skaatplank geleer en nou is die broers professionele skaatsplankryers. Hulle oefen graag saam tot 16 ure 'n dag!

Bottomless Coffee Pasella

Lourens en Esté Rabé maak al sedert hulle universiteitsdae musiek en het die groep Bottomless Coffee begin. Tussen die twee van hulle kan hulle 12 instrumente speel. Hulle debuut album, Room With A View, is in 2014 vrygestel. Buiten musiek is hulle ook mal oor natuur en vat Lynelle hulle na die Paarl berg vir abseiling.

 

Bedankings:

Cordev Kitchen
Web: https://cordev.co.za/
Tel: 010 612 0223

Cascade Country Manor
Web: http://www.cascademanor.co.za/
Tel: 021 868 0227

 


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development