Pasella verken Hogsback saam met aktrise Kim Cloete

03 April 2019

Vir dié spesiale episode besoek Pasella van ons kykers se keuses.

Hogsback in die Oos-Kaap word gesien as een van Suid-Afrika se ongerepte juwele. Dit is veral bekend vir sy drie plat Hogsback-berge, inheemse woude en mooi watervalle, en moet nie van die wêreldbekende bad vergeet nie. Sasha-lee verken die area saam met Pasella-kyker Lize van Wyk en die aktrise Kim Cloete.

Moet die spesiale episode van Pasella nie misloop nie! Woensdag 19:30 op SABC2.