SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Pasella sluit die seisoen af

Maak 'n Afdruk Afdruk

Annette Engelbrecht en Vicky Davis

Pasella sluit die seisoen af

Hierdie week is 'n bederf Pasella, saam met bekende oupa's en ouma's. Die aktrise, Annette Engelbrecht hark haar kleinkinders vir ons bymekaar. Cedwyn Joel deel die lekkerte van oupa wees en ons klok in vir 'n ritmiese kuier saam met Riaan van Rensburg, sy gesin en natuurlik oupa en ouma.

Annette Engelbrecht of te wel, Maggie van Orkney Snork Nie is al sedert 1969 in films en reekse soos, Die Swart Kat en Matewis en Meraai te sien. Sy bly deesdae in Nelspruit in Mpumalanga, maar was onlangs vir die skiet van ‘n film genaamd, Dominee Tienie, in Pretoria.

Sy spog nie net met ‘n ryk loopbaan as aktrise in die vermaaklikheidsbedryf nie, maar sy is ook ryk aan kleinkinders. Sommer ‘n volle 5! Annette is in 1972 met die akteur, Will Roberts getroud en het drie kinders.

Annette wou aanvanklik in ‘n musiek-rigting studeer het, maar kon nie ‘n beurs daarvoor kry nie. Sy het egter ‘n beurs van 20th Century Fox losgeslaan om drama te studeer en dit is waar die gogga haar gebyt het.

Sy is binnekort weer saam met Ouboet van Orkney Snork Nie, ofte wel, Frank Opperman in die film, Dominee Tienie op die silwerdoek. Die film is gebaseer op Frank se gewilde een-man-vertoning, Die Klaagliedere van Dominee Benade.

Annette het in haar vyftigs vir  8 jaar in Engeland gaan studeer. Met al die kennis wat sy gedurende die tyd opgedoen het, het sy besluit om met haar terugkeer na Suid-Afrika dramaklasse in Nelspruit te begin gee. Behalwe vir Engeland, het sy ook al vir ‘n jaar in Malawi dramaklasse aangebied. Tussendeur die dramaklasse was Annette ook meer onlangs in films soos Pretville, Platteland en reekse soos ‘Elke Skewe Pot’ te sien.  Sy beplan ook binnekort ‘n eenvrouvertoning spesaal vir die kunstefeeste.

Vicky Davis en Cedwyn Joel

Die akteur, Cedwyn Joel is veral bekend vir sy rol as Sonny Jacobs in Generations wat hy vir 10 jaar vertolk het. Hy was ook te sien in reekse soos, Onder Engele, Meeulanders, Swartwater een ook die films Jantjie en Four Corners.

Die 64-jarige akteur se loopbaan het reeds in 1984 begin, Na 33 jaar in die vermaaklikheidsbedryf bly hy ‘n gewilde gesig op die kassie.

Tussendeur sy akteursloopbaan het hy en sy vrou drie kinders grootgemaak en nou het hulle ook ‘n handvol kleinkinders wat hulle lekker besig hou. Sy dogter Portia Joel het in sy akteurs-voetspore gevolg. Hulle was saam in Generations te sien en speel ook tans saam op die sepie, Suidooster.

Een van die vele hoogtepunte van sy loopbaan was toe hy en sy mede-akteurs van Generations  genooi is om destyds saam met Madiba middagete te geniet.

Riaan van Rensburg

Riaan van Rensburg is veral bekend vir hoe hy die dromme  saam met Noot vir Noot se musiekspan laat dreun. Hy het egter ook drie albums,  insluitend ‘n boeremusiek album, agter sy naam.

Hy het op die ouderdom van 3 begin dromme speel met ‘n selfgemaakte drom-stel van blikke. Toe hy uitsonderlike talent toon het hy kort daarna sy eie klein dromstel gekry.  Met sy slag as 5-jarige dromspeler, het hy al voor skool sy TV-debuut op programme soos ‘Wielie Walie’ en ‘Dis my geheim’ gemaak.

Hy het in 1996 as, 20 jarige by die Noot vir Noot span aangesluit en was tot op hede deel van 35 van die 43 reekse van die program.

Hy het opleiding in jazz en tradisionele Africa musiek en is tans besig met ‘n nuwe projek wat hy RIVAR noem. Dit is musiek wat saamgestel word uit ritmiese invloede van dwarsoor die wêreld.

Riaan het al in Soweto gebly, tyd in Ghana spandeer asook twee jaar in London musiek gemaak waar hy die kans gekry het om internasionale klanke goed te bestudeer.

Hy bied op ‘n gereelde basis spanbou-aksie by skole aan, waar daar massa-drom-aksies gedoen word. Daarby het hy ook al Suid-Afrika in frisbee in die buiteland verteenwoordig.

Riaan is reeds vir 8 jaar met Christina getroud. Hulle het twee dogtertjies, Ella en Rina wat albei na hulle oumas vernoem is.

Sy ouers of te wel die twee musiek-legendes, Johan van Rensburg en Rina Hugo loop nie sommer ‘n kuiertjie met die kleinkinders mis nie! Rina het tans haar vyfde gospelalbum op die rakke. Dit is hierdie bekroonde sopraan se 31ste album in geheel.

 

Bedankings:

Isiphiwo Boutique Hotel
Kontak: 012 808 2328
Webwerf: http://www.isiphiwo.co.za/

The Play Station
Kontak: 087 470 0497
Webwerf: http://www.theplaystation.co.za/

Yeesh Fun for kids
Kontak: 011 656 9669
Webwerf: http://www.yeesh.co.za/


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development