Pasella rits rond saam met jong akteur Vian Singleton

13 Mei 2019

Dié week doen Pasella drie lekker kinder-aktiwiteite saam met uitblinker-kinders en een van hulle is 7de Laan se Vian Singleton.

Jy mag hom dalk ken as Thomas op 7de Laan. Die akteur Vian is aangewys as Junior Actor of the Year in Los Angeles in 2015 en meer onlangs het hy die Broadwayworld toekenning gewen vir Beste Ondersteunende Akteur in 'n teaterproduksie vir rol as Benjamin Komoetie in Fiela se Kind. 

Sasha-Lee besoek die 7de Laan stel en hoor van Vian se loopbaan tot dusver. Dan pak hulle twee 'n GoKart aktiwiteit aan. Wie sal die wenner wees? Kyk Pasella Woensdag 19:30 om uit te vind.