Pasella ontmoet drie unieke kunstenaars

27 Mei 2019

Woensdag 27 Februarie 2019 kuier Pasella by drie kunstenaars wat koek, dryfhout, en afvalmateriaal as medium vir hulle skeppings gebruik.

Die wêreldbekroonde koek-meester, Dot Klerck van Wellington laat lewensgetroue kunswerke uit koek verrys – amper te mooi om te eet. Dan toor Tony Frederiksson van Witrivier met dryfhout, en Chris van der Walt van Mosambiek is in die kol met herwinning en werkskepping wanneer hy afvalmateriaal in kleurvolle handgeweefde matte en kikois omskep. 

Dis Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.

Bedankings:

Eat|Cake|Party
083 789 4704
www.eatcakeparty.co.za
dot@eatcakeparty.co.za

Ma’s vir Wellington
021 864 1889
www.masvirwellington.co.za
admin.mvw@telkomsa.net

Open Sky Wood art
082 463 8966
www.openskywoodart.com
tonyopensky@gmail.com

PONKI (Mosambiek)
+258 84 327 9305
www.ponki.weebly.com
843279305@vodamail.co.mz


Lees Ook: