SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Kobus Wiese se beesstertpotjie
Kobus Wiese se beesstertpotjie »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Pasella kuier by bekendes

Maak 'n Afdruk Afdruk

Vilje, Simone en Mila

Pasella kuier by bekendes

Hierdie week op Pasella loer ons in by die aktrise, Mila Guy en ontmoet haar familie en ewe bekende woonstelmaat. Ons laat die honde huil tydens 'n plaas kuier saam met die sanger, Andre Schwartz en sy ma, Ina en ons kuier saam met die regisseur en jong stêr van die nuwe film, Meerkat Maantuig.

Die aktrise, Mila Guy het drama by Tuks studeer en het kort nadat sy graad gevang het haar eerste TV-rolle losgeslaan. Op 25 spog sy vandag met rolle in die films, Wonderlus en Liewe Kersfeesvader. Sy het al in verskeie musiekvideos en TV-reekse soos, Hotel en Erfsondes gespeel.

Mila het in Nelspruit grootgeword en bly tans in Johannesburg saam met haar vriendin en woonstelmaat, Simoné Nortman wat self ‘n gunsteling op die silwerdoek is.

Mila Guy en Sean-Marco

Mila het aan die einde van haar graad 8 jaar saam met haar gesin Nieu Seeland toe geëmigreer. Sy het egter na skool besluit om terug te keer na Suid-Afrika en haar drama-graad hier te voltooi.  Haar pa werk tans as siviele ingenieur in Nieu Seeland en haar ma as ‘n Engelse onderwyseres.

Wanneer Mila te veel na haar ouers verlang kuier sy en haar suster, wat ook intussen na Suid-Afrika teruggekeer het, graag by hulle ouma Johanna in Boksburg. Hulle maak dan lekker saam kos en ouma deel so paar lewenswyshede met die kleinkinders.

Meerkat Maantuig

Meerkat Maantuig gaan oor ‘n skugter meisie wat na haar pa se dood vas oortuig is dat haar familienaam vervloek is. Almal in hulle familie met die doopname Gideon de la Rey het tot dusver vroeg in frats-ongelukke te sterwe gekom. Haar pa, self ‘n Gideon, het egter nie in die vloek geglo nie en om dit te bewys het hy ook haar, sy enigste dogter, Gideonette de la Rey laat doop. Toe haar pa voortydig sterf word Gideonette in ‘n wurggreep van vrees vasgevang en verwag die dood om elke hoek en draai.

Hierdie hoofrol word deur 15-jarige, Anchen de Plessis gespeel. Sy is tans ‘n leerder by Eldoraigne Hoërskool in Pretoria en al is sy nog op die skoolbanke, is sy omtrent ‘n uitblinker. Behalwe vir Kunstefees- en Kultuur-leerder van die jaar, spog sy tot dusver met twee filmrolle.  

Meerkat Maantuig poster

Haar karakter, Gideonette de la Rey word na haar ouma en oupa gestuur om oor die vrees te kom dat sy soos al haar naamgenote vroeg te sterwe sal kom. Hier ontmoet sy vir Bhubezi, ‘n dowe seuntjie met ‘n droom om ‘n ruimtevaarder te word.

Meerkat Maantuig

Wanneer sy nie op skerm te sien is nie, is Anchen se grootste uitdaging huiswerk. Sy was ook te sien as ‘Killer’ in die film, Vaselinetjie. Haar familie ondersteun haar deur elke dramaklas en oudisie. Haar ouma het vir die 4 weke saam met haar na Magoebasloof toe gegaan vir die skiet van ‘Meerkat Maantuig. Die hooftema van hierdie film is om vrees te oorkom en sal vanaf 16 Maart 2018 in filmteaters te sien wees.

Agter die skerms - Meerkat Maantuig

Fotograaf: Dehan Janse van Rensburg 

Die draaiboekskrywer en regisseur, Hanneke Schutte,  het ‘Meerkat Maantuig’ op die boek “Blinde Sambok” geskryf deur Riana Scheepers, gebaseer.

Hanneke is ‘n bekroonde regisseur en het ondermeer die geleentheid gehad om in Los Angeles ‘n kortfilm te skiet saam met die bekende akteur, Willem Dafoe, terwyl Kevin Spacey die vervaardiger was. Dit was nadat sy as een van drie wenners in die Jameson First Shot-kompetisie aangewys is. 

Sy het vir haar eerste vollengte film, “Jimmy in Pienk” die prys van die Beste Vollengte Film by die  Beloit Internasionale Filmfees in Chicago gewen. Sy het ook vir een van haar kortfilms, Superhero twee SAFTA’s losgeslaan.

Sound of Music vertoning

Die veelsydige kunstenaar, André Schwartz het 16 albums agter sy naam en het deur die jare ook naam op die kassie gemaak en teatergehore op hulle voete gehad. Behalwe vir sy rol in die afgelope pantomime, is André ook binnekort te sien as ‘Captain Von Trapp’ in ‘The Sound of Music’ wat vanaf 31 Maart 2018 in Johannesburg en 6 Mei 2018 in die Kaap op die planke sal wees.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, sal jy hom op sy plaas in die Wieg van die Mensdom, net buite Johannesburg, kry. Daar het hy 4 honde, 21 hoenders, 3 perde en ‘n vark genaamd, Frederick Humphrey.  Hy het sy eie groentetuin en beplan ook om ‘n aardse trou-lokaal op die plaas te begin. Behalwe vir sy loopbaan as kunstenaar, hou die bemarkingsbesigheid wat hy besit, hom druk besig.

André se ma, Ina, is veral vir hom ‘n inspirasie en rolmodel. Sy pa is oorlede toe hy 13 jaar oud was en daarna het sy ma hom alleen grootmaak. Sy ma het die klavier waarop hy leer speel het, reeds voor sy geboorte gekoop. Sy het aanvanklik die geld gespaar om op ‘n bootreis te gaan, maar toe sy André se pa, haar trouman, ontmoet het sy besluit om eerder die geld te gebruik om ‘n klavier te koop, in die hoop dat een van haar kinders moontlik eendag musikante sou word – min wetend hoe in die kol sy was!

Andre Schwartz en Pasella span

Andre se ma, Ina is nou 84 en is sy grootste rolmodel en inspirasie. Sy pa is oorlede toe hy 13 jaar oud was waarna sy ma haar hande vol gehad het. Sy ma het die klavier waarop Andre leer speel het, reeds voor sy geboorte gekoop met die hoop dat haar kinders miskien eendag sou speel. Andrew het jong seuntjie begin tokkel op die klavier en speel gereeld soos sy honed saam sing. In die kunstenaar se huis is selfs die diere musikaal.

 



Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development