Pasella groet vir nou

17 Mei 2019

Die Pasella-span wil graag dankie sê aan al ons gaste, kykers en ondersteuners vir 'n bobaas 27ste seisoen!

Van Oudtshoorn tot Magaliesburg, ons het Suid-Afrika en haar mense verken en selfs ons buurlande soos Lesotho en Mozambiek besoek. 

Ons het drie nuwe aanbieders verwelkom en Amalia, Rumacques en Sasha-Lee het bewys dat hulle tops is. 

Ons het die seisoen ook elke week lekker pryse weggegee sodat ons kykers ook kan reis en ons land kan geniet. Een gelukkige kyker, Samantha Hendricks, het selfs 'n bootrit van 'n leeftyd gewen om weg te seil op 'n MSC Cruise. 

Pasella sal binnekort terug op die kassie wees! Hou SABC2 en ons sosiale media platforms dop om op hoogte te bly. 

 

 


Lees Ook: