Pasella doen yoga en maak musiek saam met Muzikkids

13 Julie 2019

Vir ons 22ste episode doen Pasella drie lekker kinder-aktiwitieite saam met uitblinker-kinders.

MuzikKids is ‘n sanggroep van vyf kinders tussen die ouderdomme 11 en 14. Hulle sing pop-treffers vir kinders, deur kinders. Na ‘n suksesvolle debuutalbum in 2017 vrygestel is, is hulle terug met ‘n 2de album. 

Hemelbesem ontmoet dié groep en word beindruk deur hul indrukwekkende stemme. Hulle doen dan almal saam yoga spesiaal gemik op die jongklomp.

Maak seker jy is deel van die pret, Woensdag 19:30 op Pasella.