Pasella bungee saam met Loufi

10 April 2019

Knysna is nie net die tuiste van die Knysna-koppe, omring deur die ongelooflike Tsitsikama-woude nie. Dit is ook die tuiste van Pasella-kyker Alroy Boesak wat ons en die kletsrymer Loufi genooi het om die mooi omgewing waar hy grootgeword het te kom ervaar. 

Alroy is een van agt kinders. Hy het sy ma verloor toe hy nog ‘n baba was, terwyl sy pa meestal afwesig was. Hy het deur al sy ontberinge, ‘n sukses gemaak en werk vandag by ‘n petrolstasie-groep as ‘n voorraad-kontroleerder. Sy groot passie is musiek en hy gee ook terug aan die gemeenskap deur ‘n jeug-groep wat hy gestig het. Groot inspirasies vir hom is van ons eie Rumacqes (of te wel Oxijin), Hemelbesem, Hooflig ens.  

Hy het gekies dat die kletsrymer Loufi saam met hom en Sasha-Lee moet kuier en bungee-spring. 

Kom spring saam met Pasella, Woensdag 19:30 op SABC2.