Pasella bewonder handgeweefde matte in Mosambiek

27 Julie 2019

Pasella is in Mosambiek waar ons meer leer van die handgeweefde produkte wat help met werkskepping en herwinning in dié buurland.

Die woord "kikoi" is Swahili vir toedraai, of iets wat jy gebruik om jouself mee toe draai. Hierdie tradisionele Afrika kledingstuk word gebruik vir alles van rokke, tot handdoeke, kopdoeke, en selfs om babas in te dra. Pasella besoek Ponta do Oura in Mosambiek en Amalia gaan kyk bietjie hoe dit gedoen word.

Kyk Pasella, Woensdae 19:30 op SABC2.