Pasella besoek Addo Olifant Park

10 April 2019

Vir ons laaste episode van seisoen 27 van Pasella maak ons nog drie kykers se drome waar met drie kyker avonture. 

Die Addo-Olifantpark is tans die tuitse van meer as 600 olifante. Pasella-kyker, Nadine Jacobs, van Port Elizabeth het ons aangemoedig om die grootvoete van die Oos-Kaap van naderby saam met haar te kom bekyk. Dié park beslaan sowat 2000 hektaar. Dit is in 1931 amptelik begin met sowat 11 olifante, nadat jagters heelwat olifante gedurende die vorige eeu uitgeroei het. Vandag word baie meer spesies as net olifantein die park bewaar. 

Ons bekende kuiergas is Chanel Davids, van Macassar in die Kaap. Sy is tans mede-aanbieder van die speletjieprogram 'Beter Assie Bure' op SABC2. Sy het veral bekend geword as aanbieder van die jeugprogram, 'Hectic 9'.  

Moet dit nie misloop nie, Woensdag 19:30 op SABC2.