Op die trein na Ceres met Jill Levenberg

07 November 2018

Woensdag 7 November gaan die aktrise, Jill Levenberg terug in tyd saam met Pasella-aanbieder, Rumarcques Gelderbloem op ‘n stoomtrein na die feestlike Elgin Railway mark.

Die Ceres spoorlyn is in 1912 klaar gebou. Deel van die Ceres Rail Company se visie is om die geskiedenis van spoorweë in Suid-Afrika te bewaar deur ou lokomotiewe oor te doen en te herstel tot hul eertydse glorie.

Die aktrise, Jill Levenberg het groot lof ontvang vir haar vertolking van die rol van Ellen in die film – Ellen Plakkies. Ons kuier ons saam met die aktrise op die Jessica & Dominicques stoomtrein wat in die 1950’s na Suid-Afrika vanaf Brittanje ingevoer is. Derick du Toit is die man agter die idee om die lokomotiewe te laat herleef en hy vertel ons bietjie meer daarvan.

Dis Pasella, Woendae om 19:30 op SABC2.