SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Oktober

Maak 'n Afdruk Afdruk
Vicky en Carol Weideman in die ICA tuin

PLANT
Komkommer:
Vir 'n verandering laat ons die komkommers boontoe rank. Bou met populiertakke en dun draad vir ‘n raam. Berei die bedding met kompos voor en plant die komkommerplantjies ongeveer 30cm uitmekaar. Plant hulle vroegsomer sodat hulle genoeg tyd het om vrugte te dra.

Beskerm die komkommerplantjies teen slakke deur groot koolblare op die grond rondom hulle te pak. Dit dien as skuiling vir die slakke en so kan jy hulle soggens met die hand verwyder.

Komkommerkruid is 'n goeie pasmaat vir die hele tuin. Dit is 'n uitstekende voedingsbron en sit minerale soos stikstof en kalium terug in die grond. Dit dra ook mooi helder blou blommetjies wat bye lok vir bestuiwing. Plant dit gerus tussen jou komkommerbedding.

Artisjokke:
Artisjokke is 'n meerjarige plant en kan tot 4 jaar oud word. Wanneer die blare gelerig begin raak, weet jy egter dis tyd vir 'n nuwe plantsessie. Die ideale tyd om weer te plant is vroegsomer. Plant hulle ten minste 1 meter uitmekaar uit, omdat die plante lekker groot raak en genoeg spasie nodig het. Hulle vra genoeg water en genoeg voeding. Die blomme ontwikkel ‘n groot kop met ‘n eetbare knop – bekend as die hart - van om en by 8 – 15 cm in deursnee.

Sonneblomme:
Geel sonneblomme is die perfekte pasmaat in enige groentetuin, want die helder kleur trek die goggas aan. Plant hulle pit vir pit, so 20 cm uitmekaar en 3 mm diep. Na twee weke behoort hulle op te kom en na so 90 dae kan jy pragtige blomme verwag.

Dragon: (terragon)
Nog 'n goeie pasmaat vir die tuin omdat die sterk reuk van die krui enige insek afskrik. In die winter kwyn die plantjie, so dis ideaal om dit ook vroegsomer te plant deur wortelstokverdeling. Dit groei moeilik van saad af en dus is dit beter om saailinge te koop of wortels te verdeel. Dit maak 'n lang dun blaartjie en kan tot 1 meter hoog word.  Dit hou van ‘n warm, sonnige plek en wil nie te veel water hê nie. Sy reuk herinner aan anys en dis tradisioneel ‘n pasmaat by hoender.

Eetbare blomme:
koringblomme, daglelies, kamille, stinkafrikaners, grasangeliere (plant van agter, hoog na laag)


TAKE
Paddatuiste:
Net soos plantpasmaats, is dit ook belangrik om klein diere na die tuin te lok om te help met plaagbeheer. So vandag skep ons 'n lekker-bly-hawe vir paddas onder rababerplante. Die plante se groot blare verskaf voldoende skuiling aan die paddas. Verder voeg ons potskerwe by waaronder hulle ook kan wegkruip. En moenie 'n vlak waterbak vergeet vir wanneer hulle dors raak nie. 'n Paar vrolike pers viooltjies word ook geplant om kleur te verskaf.

Organiese spuitmiddel:
Stamp 'n handjievol knoffel en rissies fyn en voeg klein stukkies laventel by. Meng die bestanddele met 5L water en voeg twee eetlepels waspoeier by. Die klein hoeveelheid waspoeier sal nie die plante beskadig nie e en help dat die spuitstof daaraan vaskleef.

Wanneer jy die middel aanwend is dit belangrik om die spuitkannetjie gereeld te skud sodat die mengsel goed meng. Hou die spuitpunt ongeveer 30cm van die plant af en spuit van bo na onder goed nat.


Eetbare blomme:
Sit ‘n afgesnyde PVC-pyp of leë gesnyde plastiekkoeldrankbottel om rissieplantjies om te keer dat slakke en ander bekruipers hul beetkry

OES
Rabarber:
Rabarber is gereed vir oes wanneer dit mooi pienk van kleur is. Sny die stingels so na aan die basis as moontlik af en onthou die blare is giftig en dus is net die stingels eetbaar.  Rabarber is meerjarig en behoort elke 3 maande vars stingels te gee indien jy dit gereeld voed en versorg.

Tamaties:
Tamaties kan regdeur die somer tot in April geoes word as jy die plante goed versorg. Hulle is ongelukkig baie vatbaar vir siektes, so kyk uit vir veral die rooi spinmyte wat aan die onderkant van die blaar webbe spin en so stof versamel. Die siekte lyk soos 'n geel stowwerigheid aan die onderkant van die blaar. Kry 'n goeie organiese spuitmiddel en spuit voorkomend NA jou oesslag.

Tatsoi

RESEPTE
Ontspan: Sagte droë tamaties wat soos songedroogde tamaties gebruik word;
Onthaal: Dillegepreserveerde forel in tamatiewater (consommé) met ‘bloody mary’ tamaties
Onthou: Polpette, heel tamaties en bocconcini-kaas gebak met wilde roketblare.

(Polpette is Italiaans vir frikkadelle, soos ons en die Duitsers vleisbolletjies noem. In Nederlands, staan dit as gehakballetjies bekend!)

Ontspan: Varkfilet met gemmer- en rabarbersous
Onthaal: Rabarbersoufflé en -roomys
Onthou: Rabarberkompot: smoothie en margarita

Onthou: Dim sum wat gevries kan word
Onthaal: Tatsoi en wilde sampioenkragsop
Ontspan: Hoender-en-groenteroerbraai

 

TUIN:  The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

PASELLA Sê DANKIE AAN

Institute of Culinary Arts
T: 021 885 1414
F: 021 885 1085
E: info@icachef.co.za
www.icachef.co.za

Aspidistra Tuinsentrum
T: 021 881 3494
F: 021 881 3430
E: willieschmidt@telkomsa.net

Spuitkannetjie met organiese spuitstof
Mandjie vol groente
Stamp knoffel fyn
Maak organiese spuitstof
Plant komkommer
Maak raamwerk van takke
Maak slakke met koolblare toe
artisjokke plant
willie schmidt
dragon plant
oktobertuin
rababerblare
   
 

Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development