SABC Logo
 
Pasella SABC2
Kliek hier om te sien hoe jy kan wen!

Lees meer
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous
Outydse pampoenpoffertjies in karamelsous »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

November

Maak 'n Afdruk Afdruk
plant in somer

Plant:
- Babakool is aan die beurt, en omdat die saadjies so klein is word dit hoogstens 1cm diep geplant, so 10 – 15cm uitmekaar. As pasmaat vir die kool, word Penny Royal geplant, ‘n krui wat heerlik ruik as jy daarop trap. Voor jy plant, maak die bedding met organiese kompos gereed en onthou ook dat kool hou van grond wat goed dreineer. Plant hulle in vol son en as jy ‘n pH-toetspen het, die beste grond vir hulle het ‘n pH van tussen 6.0 en 6.8. Ter wille van pesvermyding en grondbeskerming, moet jy hulle ook nie plant waar enige kool die vorige seisoen gestaan het nie. 

- Bloubessies in suurgrond – meng veen, suurgrond en bas (ph tussen 4.5 en 5.5)
- 2jaar oue boompies
- hulle dra na die derde jaar en hou tot 20 jaar
- Plant sonneblomme as pasmaats – voëls eet sonneblomepitte pleks van bessies

 

Oes:
- Ons oes vinkel in die blomtuin, want in ‘n groentetuin moet dit liefs weggehou word van tamaties en boontjies. Die skerp ruik van die krui akkodeer nie met die groentes nie, maar hou wel insekte weg van blomme af.  Dis ‘n eenjarige plant, maar dit groei so sterk dat ‘n mens regdeur die jaar kan oes. Jy kan die blare, stingels, sade en bol gebruik in kos. Dit het ‘n liquorice-tipe smaak en pas veral goed by vis.

 

Radyse



Take:

- Ons bou ‘n huis vir perdebye, oftewel wespes wat ander insekte vreet soos witvlieg, vlieglarwes en kewers. Sit ‘n ou houtkrat op ‘n stander, want die wespes hou van hoogte. Vul die krat met gesnyde riete wat jy laag op laag pak. Die wespes hou nes met modder en sal dan die riete daarmee kom vul. Plaas dit naby blomme of struike met soet nektar soos die duisendbladkruid.
 

- Dun radyse uit en plant kleintjies in ander bedding

 

RESEPTE:

Onthou: Cheddarkaas-en-vinkelsaad-palmiers

Ontspan: Mossels en vinkel in saffraanroomsous

Onthaal: Appel-en-vinkel tarte tatin

 

 

Onthou: Radys- en groentepiccalilli

Onthaal: Daikon, peperwortel en gerooktesalmlatkes

Ontspan: Radysparatha met geurige lemmetjieslaaisous


TUIN:  The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

PASELLA Sê DANKIE AAN

Institute of Culinary Arts
T: 021 885 1414
F: 021 885 1085
E: info@icachef.co.za
www.icachef.co.za

Aspidistra Tuinsentrum
T: 021 881 3494
F: 021 881 3430
E: willieschmidt@telkomsa.net



 

 

vinkelplant 
vinkel geoes 
willie en vicky in die tuin 
 plant kool
 huis vir perdebye
 duisendbladkruid
   

 

PLANT
Artisjokke:
Artisjokke is 'n meerjarige plant en kan tot 4 jaar oud word. Wanneer die blare gelerig begin raak, weet jy egter dis tyd vir 'n nuwe plantsessie. Die ideale tyd om weer te plant is vroegsomer. Plant hulle ten minste 1 meter uitmekaar uit, omdat die plante lekker groot raak en genoeg spasie nodig het. Hulle vra genoeg water en genoeg voeding. Die blomme ontwikkel ‘n groot kop met ‘n eetbare knop – bekend as die hart - van om en by 8 – 15 cm in deursnee.

Sonneblomme:
Geel sonneblomme is die perfekte pasmaat in enige groentetuin, want die helder kleur trek die goggas aan. Plant hulle pit vir pit, so 20 cm uitmekaar en 3 mm diep. Na twee weke behoort hulle op te kom en na so 90 dae kan jy pragtige blomme verwag.

Dragon: (terragon)
Nog 'n goeie pasmaat vir die tuin omdat die sterk reuk van die krui enige insek afskrik. In die winter kwyn die plantjie, so dis ideaal om dit ook vroegsomer te plant deur wortelstokverdeling. Dit groei moeilik van saad af en dus is dit beter om saailinge te koop of wortels te verdeel. Dit maak 'n lang dun blaartjie en kan tot 1 meter hoog word.  Dit hou van ‘n warm, sonnige plek en wil nie te veel water hê nie. Sy reuk herinner aan anys en dis tradisioneel ‘n pasmaat by hoender.

TAKE
Paddatuiste:
Net soos plantpasmaats, is dit ook belangrik om klein diere na die tuin te lok om te help met plaagbeheer. So vandag skep ons 'n lekker-bly-hawe vir paddas onder rababerplante. Die plante se groot blare verskaf voldoende skuiling aan die paddas. Verder voeg ons potskerwe by waaronder hulle ook kan wegkruip. En moenie 'n vlak waterbak vergeet vir wanneer hulle dors raak nie. 'n Paar vrolike pers viooltjies word ook geplant om kleur te verskaf.

OES
Tamaties:
Tamaties kan regdeur die somer tot in April geoes word as jy die plante goed versorg. Hulle is ongelukkig baie vatbaar vir siektes, so kyk uit vir veral die rooi spinmyte wat aan die onderkant van die blaar webbe spin en so stof versamel. Die siekte lyk soos 'n geel stowwerigheid aan die onderkant van die blaar. Kry 'n goeie organiese spuitmiddel en spuit voorkomend NA jou oesslag.


RESEPTE
Ontspan: Sagte droë tamaties wat soos songedroogde tamaties gebruik word;
Onthaal: Dillegepreserveerde forel in tamatiewater (consommé) met ‘bloody mary’ tamaties
Onthou: Polpette, heel tamaties en bocconcini-kaas gebak met wilde roketblare.

(Polpette is Italiaans vir frikkadelle, soos ons en die Duitsers vleisbolletjies noem. In Nederlands, staan dit as gehakballetjies bekend!)

TUIN: The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE: Institute of Culinary Arts - sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE: Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

PASELLA Sê DANKIE AAN

Institute of Culinary Arts
T: 021 885 1414
F: 021 885 1085
E: info@icachef.co.za
www.icachef.co.za

Aspidistra Tuinsentrum
T: 021 881 3494
F: 021 881 3430
E: willieschmidt@telkomsa.net




Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development