Nog drie kykers se drome word waar

10 Mei 2019

Vir ons laaste episode van seisoen 27 van Pasella word nog drie kykerskeuses waar gemaak. 

Nadine Jacobs van Port Elizabeth en tv-aanbieder Chanelle Davids kuier tussen die grootvoete by Addo Olifant Park. Quintin van der Walt spandeer ‘n dag saam met Paul en Robbie Wessels by ‘n nuwe waterpark in Magaliesberg, en Alroy Boesak van Knysna deel plaaslike talent en ‘hoogtepunte’ uit sy omgewing met een van sy gunsteling kletsrymers, Loufi.

Dis ‘n kykerskeuse Pasella – Woensdag 19:30 op SABC 2. 

Bedankings:

Addo Elephant National Park
012 428 9111
www.sanparks.org

Happy Island Waterworld SA
010 600 3333
www.happy-island.co.za
info@happy-island.co.za

Face Adrenalin - Bloukrans Bungee
042 281 1458
www.faceadrenalin.com
info@faceadrenalin.com

Tsitsikamma Segway Tours
081 320 3977
www.segwayfun.co.za
bookings@segwayfun.co.za




Lees Ook: