SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Marokkaanse melktert
Marokkaanse melktert »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Maart

Maak 'n Afdruk Afdruk
Vicky Davis en Willie Schmidt werk in die ICA tuin

TUIN TOT TAFEL
Maart in ons kombuistuin:
 
PLANT

Epalering:

Om ‘n vrugteboom ‘uit te span’ sodat dit in ‘n klein area kan groei. Vleg die takke in ‘n gespande draadraamwerk en sny die res af. Plant ook teen ‘n muur en espaleer takke.

 

Plant alle koolgewasse in Maart.

Gebruik leeubekkies as pasmaats want dit hou luise weg. Plant naby knoffel en roosmaryn want hul sterk geur hou wurms en ander goggas weg. Plant blomkool in alkaliese grond (werk kalk in indien nodig).

 

Broccoli en rooikool:

Wisselbou is belangrik vir 'n organiese tuin. Dit beteken dat jy nie dieselfde gewas herhaaldelik in dieselfde bedding moet plant nie. Plant dus jou broccoli en rooikool waar jy voorheen boontjies geplant het. Boontjies sit stikstof terug in die grond en dus sal jou koolgewasse floreer. Plant dit in rye, 3 cm diep en 20 – 25 cm uitmekaar sodat daar genoeg ruimte vir ontwikkeling is.

 
Seldery:

Seldery is 'n goeie pasmaat vir enige koolgewas omdat dit luise wegjaag. Plant die seldery in rye tussen die broccoli en rooikool, 30 – 40 cm uitmekaar en laat die groen bossie bo die grond uitsteek.


Dhania/koljander:

Spit die bedding om. Strooi sade. Gooi ‘n dun lagie kompos oor. Wag vir ‘n maand en oes!


TAKE

Gebruik mielies se stokke om ertjies mee op te rank

Slakke:

Strooi 'n mengsel van gebreekte eierdoppe en koffiekorrels in jou slaaibedding om te voorkom dat slakke naby jou plante kom. Slakke sal sukkel om oor die skerp eierdoppe te seil en die koffiekorrels dien op sy beurt as groeimiddel vir groente.

 

Plante wat vroeg saad skiet:

Plante wat te vroeg saad skiet, het gewoonlik lang, harde, stingelagtige punte. Dit veroorsaak dat die plant stokkerig en bitter van smaak kan wees. Wanneer jy so 'n plant gewaar, verwyder dit uit jou bedding en vervang met 'n nuwe plantjie.

 

Kappertjies:

Kappertjies lyk nie net mooi in die tuin nie, maar waak ook oor enige gogga wat lus het vir jou groente. Plant hulle enige plek in jou bedding; maak 2 – 3 cm gaatjies met jou vinger, plant en bedek die saad en maak nat.

Grond pH:

Meeste kruie hou van alkaliese grond, maar vir dié wat van suurgrond hou, kan jy blomswael, dennenaalde of eikeblare inwerk. Toets met ʼn pH-metertjie of grond alkalies (dus bo 7) of suur (dus onder 7) is.  

 

Aartappels – Februarie geplant.

Ert op – d.w.s. strooi van die potgrond oor die worteldeel van die plant sodat dit ‘n vulkaan maak boontoe
Dit beskerm die wortel, hou dit koel en sorg dat jou aartappels geil vorm


Kyk uit vir swamme: witroes is ‘n bruinerige skynsel op die blare, swartvlek en dan ook skimmel wat ‘n fyn donsigheid op die blare is – as jou plant dit het, sal jy swamdoder moet aanwend ander gaan al die blare afval en jy geen oes kry nie.


OES

Eiervrug:

Eiervrugte is in Desember geplant en hoewel daar vele variëteite is, oes ons die Black Beauty. Wind beskadig hulle maklik, so, plant op ʼn warm, beskutte plek. Oes die eiervrug wanneer dit donker pers van kleur is, sny dit eenvoudig by die steeltjie af.

Basiliekruid:

Basiliekruid groei op sonnige plekke in goed, gedreineerde grond en jy kan van lente tot laat-somer saai.  Oes daagliks die plantjie van bo-af om sy lewe te verleng.

 

Kappertjiesaad:

Kappertjies is eenjarig en moet gereeld teruggesnoei word.
Saai elke jaar nuwe sade by hibriede met helder kleure – as jy oes en plant, gaan dit terug na die ligter, valer kleure.

Vir die kombuis – oes jong sade wat nog groen en sag is en die wat reeds bruin en hard is om weer te saai.

 

 

Resepte

Ontspan:

Mieliehondjies of ‘corn dogs’

Beesvleistonnato

Individuele moussakaporsies

 

Onthaal:

Soetmieliekolwyntjies met botter-en-heuningsous

Ingemaakte/gepekelde kappertjiesade

Geweefde eiervrugtert

 

Onthou:

Mielieatjar

Dorade in court bouillon geposjeer met ‘n romerige kappertjie- en spinasiesous

Basiliekruidpesto

Babaghanoush


TUIN: The Institute of Culinary Arts naby Stellenbosch
RESEPTE:
Institute of Culinary Arts – sjefdosent Carol Weideman
TUINGHOEROE:
Willie Schmidt van Aspidistra-kwekery naby Stellenbosch

Plant kappertjies, broccoli en rooikool saam
Tuin tot tafel by die ICA in stellenbosch
Ryp eiervrug in seisoen maart
Sny eiervrug vir verwerking
Gevulde eievrug resep
Pasella tuin tot tafel met eievrug by die ICA
Eiervrugtert van tuin tot tafel
 tuin tot tafel
tuin tot tafel
Maart TTT 1
Maart TTT 2
Maart TTT 3
Maart TTT 4
Maart TTT 5
Maart TTT 6

Maart TTT 7

 


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development