SABC Logo
 
Pasella SABC2
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie
Whoopie Pies-Die Nuwe Kolwyntjie »
Stuur jou resep Stuur jou resep vir ons en ons plaas dit op ons Kykersresepte.
Tuin tot Tafel
Aanbieder Blogs
Fudge
Fudge »
Stuur jou resep Gewildste resepte van die week soos deur julle gekies.
 

Maak jou eie rottang stoel blombak

Maak 'n Afdruk Afdruk

Maak jou eie rottang stoel blombak

Maak jou eie rottang stoel blombak

Willie Schmidt kan nie sommer net iets weggooi nie en vernuwe sy ou rottang stoel deur daarin te plant.

Tuin-ghoeroe Willie Schmidt is ‘n sentimentele siel en het besluit om eerder ‘n ou rottang-stoel te gebruik en daarin te plant as om dit weg te gooi.

Wat het jy nodig:

‘n Ou rottang stoel
Spuitverf, kleur van jou keuse
'n Mandjie wat sal pas in die stoel se sitplek
Klapperhaar
Potgrond
Vetplante van jou keuse

Metode:

Willie verf die rottang stoel met spuitverf

Stap 1:

Willie het die sitplek area oopgesny sodat ‘n bak daarin geplaas kan word waarin jou plante geplant gaan word. Hy gebruik dan die spuitverf en verf die stoel om dit bietjie te vernuwe. Dis nie nodig om dit perfek eweredig te verf nie, aangesien die stoel buite gaan verweer.

Voer jou mandjie uit met klapperhaar

Stap 2:

Voer ‘n ou mandjie uit met klapperhaar en vul dit met potgrond vir jou plante.

Plant jou blomme in die mandjie

Stap 3:

Plant jou vetplante of ander blomme in die mandjie. Gebruik plante wat die toestande sal kan weerstaan, geharde plante wat goed doen met min water.

Plant 'n blommetjie in 'n eierdop

Stap 4:

As ‘n ekstra versiering vir Paasfees, vat Willie ‘n paar eiers en hol hulle versigtig uit. Hy gebruik dan die doppe as miniatuur blommehouers en plaas ‘n blommetjie in elk en sit dit in die mandjie.


Kommentaar / Terugvoering:

Wees die eerste om kommentaar te lewer ...

Teken in:
ePos:
Password:

Wagwoord vergeet?


OF

Registreer: Registrasie is eenmalig en u besonderhede sal te alle tye vertroulik gehou word.
Geslag:
Naam:
Van:
ePos:
Password:
Profiel Foto:  Beste grootte: 160px wyd x 120px hoog (.JPG)
Sekuriteitskode: Vul asb. die sekuriteitskode onder in:  *
Nuusbrief registrasie
Waars ons aanbieders
Pasella op Twitter Pasella op Facebook
Pasella on Instagram
 
SABC Logo
Broadcasting for Total Citizen Empowerment
About the SABC Contact Us Jobs
Advertise Disclaimer Site Map
DMMA Logo

SABC © 2011
SABC 2
Terme en voorwaardes | Privaat beleid | Kontak ons
Kopiereg © 2010 Pasella  |  Ontwerp deur  Website design and development